Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Modelbaas se sekssaak finaal uitgestel

Die hofverrigtinge oor die modelbaas wat skuldig bevind is op 32 aanklagte van onder meer die verkragting van ’n minderjarige en seksuele aanranding sal in September voortgaan, ongeag of die volledige transkripsies van die verhoor beskikbaar is.

Die modelbaas Dawie de Villiers, wat skuldig bevind is aan 25 seksklagte.

Dawie de Villiers (37) se slagoffers was meestal minderjarige meisies wie se modelloopbane hy bestuur het.

Regter Cassim Moosa het Maandagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg gesê die hofverrigtinge sal in September voortgaan vir argumente ter versagting of verswaring van vonnis en vonnisoplegging nadat dit al in Mei en Junie uitgestel is.

Adv. Arveena Persad, die staatsaanklaer, het gesê die transkripsies is nie nodig vir die vonnisoplegging nie, maar sal gebruik word in ’n aansoek om appèl.

“As die hof nog ’n uitstel toestaan, sal dit lyk of die hof na die beskuldigde se kant oorleun. Die verdediging kan my volledige aantekeninge oor die saak gebruik,” het Persad gesê.

Daar is in Junie berig die klankopnames wat in die rondgaande hof in Palm Ridge opgeneem is, is soek.

Adv. Riaan Greyling, namens De Villiers, sê dit is De Villiers se grondwetlike reg om te appelleer en hy kan benadeel word as die transkripsies nie opgespoor word nie.

Regter Moosa het egter gesê die hof kan nie langer vir die transkripsies wag nie en daar is geen rede om die verrigtinge verder uit te stel nie. Die verdediging en die staatsaanklaer kan hul volledige aantekeninge saamvoeg. Amptenare sal die transkripsies probeer opspoor en dit so gou moontlik beskikbaar stel.

Moosa het die verrigtinge uitgestel tot 12 September, wanneer die finale argumente voor vonnisoplegging aangehoor sal word.

Meer oor:  Dawie De Villiers  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.