Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Moeilike pad’ vir susters wat in 1970's seksueel misbruik is

Die verhoor van twee mans wat betrek word by beweerde onsedelike aanranding dekades gelede kan slegs in Desember voortgaan omdat een van die mans vir ’n mediese toestand behandeling ontvang en nie in die hof kan verskyn nie.

Die susters Claudine Shiels en Lisa van der Merwe, wat die saak onder die polisie en die nasionale vervolgingsgesag se aandag gebring het, het hul teleurstelling oor die vertraging uitgespreek.

Shiels het Donderdag buite die landdroshof in Wynberg gesê “dit is moeilik, maar ons sal nie ontmoedig word nie”.

Die mans, in hul 70’s, het nog nie gepleit nie.

“Dit is ’n moeilike pad wat ons stap. Die vertraging het ons teleurgestel, maar dit het ons nie ontmoedig nie. Ons het aangehou vir 45 jaar en weet hoe om verder aan te hou,” het Shiels gesê.

Die geskiedkundige “Frankel 8”-uitspraak, wat verband hou met bewerings van misbruik teen die miljardêr-makelaar Sidney Frankel deur agt mense, het die grondslag gelê vir die susters om hul saak voort te sit.

Die vertraging het ons teleurgestel, maar dit het ons nie ontmoedig nie. Ons het aangehou vir 45 jaar en weet hoe om verder aan te hou.

Miranda Jordan, stigter-direkteur van Women and Men Against Child Abuse (WMACA), het gesê die susters se saak is die vierde dekades oue saak oor seksuele misdaad, maar die eerste een oor dekades oue bewerings van onsedelike aanranding ná die Frankel-uitspraak.

In die uitspraak het die hof beslis dat die Strafproseswet gewysig word om die voorskrif van 20 jaar vir die vervolging van onsedelike aanranding (dit is wat hul bewerings in die 1970’s genoem sou word toe die beweerde voorvalle plaasgevind het) te verwyder.

Voor die Frankel 8-uitspraak was verkragting en gedwonge verkragting (soos vir geforseerde pornografie) die enigste seksuele misdade wat nie ’n 20-jaar-afsnydatum vir vervolging of voorskrifte gehad het nie.

Shiels het laat blyk dit was senutergend om een van die mans in die hof te sien.

“Ek het ’n blik op een gehad en dit was senutergend; jy word teruggeneem reguit na jou slaapkamer toe jy nog ’n klein meisie was. Dekades is verby, maar die herinneringe van wat daardie man in jou slaapkamer gedoen het, is baie werklik, skerp en pynlik,” het sy gesê. “Ek is nou ouer en sterker en sal dit hanteer.”

Die verhoor begin op 9 Desember.

Meer oor:  Wynberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.