Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moenie swyg nie, sê Lesufi aan Parktown-seuns

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is bekommerd dat daar nog seuns van die omstrede Parktown Boys’ High School is wat nie beweerde wangedrag aanmeld nie uit vrees dat hulle in die moeilikheid sal kom.

Lesufi het Donderdag leerlinge en ouers van dié Johannesburgse skool toegespreek.

In ’n verslag in April vanjaar is nege onderwysers van die skool betrek by bewerings van rassisme en seksuele aanranding.

Dié verslag is saamgestel deur die prokureursfirma Fasken Martineau nadat ouers Lesufi genader het met ’n griefskrif van meer as 400 bladsye waarin hulle kla oor die skool.

Ná die ondersoek is vier van die onderwysers geskors, een het bedank en die res sou aan tugverhore onderwerp word.

Lesufi het gesê dat die sake van vier onderwysers, wat deur die staat aangestel is, na verwagting in September afgehandel sal word.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, wat Donderdag leerlinge en ouers by Parktown Boys’ High School in Johannesburg toegespreek het.Foto: Isabel Venter

Collan Rex (22), ’n voormalige sportafrigter, is ook strafregtelik vervolg. Sy verhoor het Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, begin. Rex het reeds verlede week skuld beken op 144 aanklagte van seksuele aanranding op leerlinge van die skool.

Intussen het die departement ’n tweede verslag saamgestel, wat Lesufi bekommerd maak oor die skool. Die besonderhede van die verslag kan nie bekend gemaak word nie omdat dit die name van minderjariges bevat.

Lesufi se grootste kommer is oor die kultuur van stilswye by die skool wat die ondersoek belemmer het.

“Daar is steeds seuns wat nie klagte by die skool aangemeld het nie omdat hulle glo wat hier by die skool gebeur, moet by die skool bly. Dit moet end kry.”

Hy het ouers gemaan om eerder saam te werk sodat dinge by die skool kan regkom.

Hy het groot lof gehad het vir die skool se nuwe beheerraad wat reeds baie gedoen het om sake reg te ruk.

Ons doen alles in ons vermoë om die boodskap by hulle tuis te bring dat wat gebeur het nie hul fout was nie en dat hulle die regte ding gedoen het om met die inligting na vore te kom.

“Ons wil hierdie weer ’n skool maak om op trots te wees,”

Hy sou na verwagting Donderdagaand die verslag aan ouers oorhandig.

“Hierna wil ek die saak teen die einde van die jaar uitgeklaar hê.”

Malcolm Williams, skoolhoof, het bevestig dat die leerlinge wat deur die ondersoek geraak word en wat in die hof moet getuig deur die skool ondersteun word.

“Ons doen alles in ons vermoë om die boodskap by hulle tuis te bring dat wat gebeur het nie hul fout was nie en dat hulle die regte ding gedoen het om met die inligting na vore te kom.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.