Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Momberg beledig prokureur in hof

Sy is ontevrede met haar regsverteenwoordiger en meen hy is onbevoeg, het Vicki Momberg, wat veroordeel is weens ’n rassistiese tirade, Woensdag in die streekhof in Randburg gesê.

Vicki Momberg. Foto: Netwerk24

Sy was in die hof om oor haar appèlproses te rapporteer en daar was duidelik groot spanning tussen haar en Kingdom Onah, haar regsverteenwoordiger wat pro bono vir haar optree.

Ná ’n rusie in die hof met Onah het sy aanvanklik gesê sy wil hom nie langer as regsverteenwoordiger hê nie, maar sy het later van plan verander.

Momberg het in ’n stadium aan landdros Pravina Raghoonandan gesê sy sal haarself eerder aanstaande maand in die hooggeregshof verdedig vir haar appèlsaak. Onah het aan die hof gesê dat hy nie Momberg se nuwe regsverteenwoordiger, adv. Anesh Sukdeo, per e-pos of telefonies in die hande kon kry nie.

“Ek is om verskeie redes nie tevrede met Onah nie. Hy is onder meer onbevoeg,” het Momberg gesê. Raghoonandan het tussenbeide getree en Momberg versoek om op te hou om Onah te beledig.

“Jy kan nie hom beledig terwyl jy nog van sy dienste gebruik maak nie,” het Raghoonandan gesê.

Momberg het die hof versoek om klank- en video-opnames aan haar te verskaf wat sy aan Sukdeo wil oorhandig. Sy beweer Onah het dit nie aan haar gegee nie. Die prokureur het dié bewering egter ontken.

Daar is aan Momberg gesê sy moet ’n brief aan die hof verskaf waarin sy aandui dat Sukdeo haar verteenwoordig. “Ek wil ’n brief hê waarin jou advokaat sê hy gaan jou verteenwoordig,” het Raghoonandan gesê. Die magistraat het bygevoeg die tyd raak min voordat die appèlsaak aangehoor word.

Ek is teen die onttrekking van Onah omdat ek nie op die oomblik ’n prokureur het nie.

Ná middagete het Momberg ’n teksboodskap aan die hof voorgelees waarin Sukdeo bevestig dat hy haar sal verteenwoordig.

“Ek is teen die onttrekking van Onah omdat ek nie op die oomblik ’n prokureur het nie,” het Momberg gesê.

Raghoonandan het gesê die hof sal nie toelaat dat Onah as haar regsverteenwoordiger onttrek nie. Onah het toe gesê dat hy homself in daardie geval sal verskoon.

Momberg is tans uit op borgtog van R2 000 nadat sy skuldig bevind en gevonnis is in verband met drie aanklagte van crimen injuria in Maart 2018.

Sy het ’n swart polisiebeampte herhaaldelik die k-woord toegesnou toe hy haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ’n gryp-en-spaander-voorval was. Momberg is die eerste mens in Suid-Afrika wat tronkstraf vir rassisme opgelê is.

Meer oor:  Vicki Momberg  |  Randburg  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.