Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Momberg skop herrie op in hof, regspan bedank

“The tail does not wag the f****ing dog.”

Met die woorde is Vicki Momberg, veroordeelde rassis, Dinsdagoggend heel waarskynlik haar sesde span regsverteenwoordigers kwyt.

Sy doen aansoek om teen haar vonnis van twee jaar tronkstraf te appelleer in die hooggeregshof in Johannesburg.

Sy het in die hof opgestaan en adv. Anesh Sukdeo, wat namens haar optree, doodgepraat en regter Thifhelimbilu Mudau meegedeel dat sy self haar saak wil behartig.

Dit was nadat Sukdeo haar stilgemaak het nadat die regter ’n bevel in die media se guns gemaak het.

Mudau het Momberg aangeraai om ernstig daaroor te besin en gesê daar is nou ’n hangende bevel in die media se guns.

Sy het gesê joernaliste bedreig haar en haar familie se lewe. “Ek het al die bewyse hier op my selfoon.”

Vicki Momberg
Vicki Momberg Dinsdag in die hof. Foto: Felix Dlangamandla

Sukdeo het aan die regter gesê haar redes is nie genoeg om ’n hangende mediabevel tersyde te stel nie. Hy het gevra dat die saak uitgestel word sodat hy en Momberg die saak kan bespreek.

Nadat die hof vir ’n tyd verdaag het, het Momberg se prokureur, al die pad van Durban, kliphard gesê hy is “klaar”.

“Ons gaan nou ’n aansoek bring om te onttrek. Die regter moet ons eers toelaat, maar in die lig van wat nou net gebeur het, behoort die regter nie ’n probleem daarmee te hê nie.”

Wesley Rogers, Momberg se prokureur, het aan Sukdeo en die adv. Jacqui Drotsky, staatsaanklaer, gesê: “The tail does not wag the f****ing dog.”

Die saak duur voort met Momberg se span wat formeel aansoek doen om aan die saak te onttrek. Die regter sal dan 'n beslissing maak.

Momberg het vroeg in die saak reeds ’n herrie opgeskop oor die media se teenwoordigheid.

Sy het toe hardop gedreig om joernaliste te dagvaar en video’s van joernaliste en fotograwe as bewyse geneem.

Meer oor:  Johannesburg  |  Vicky Momberg  |  Hof  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.