Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Monsters eers lank ná moord op Courtney (3) getoets

Sekere monsters is eers byna ’n jaar nadat Courtney Pieters (3) vermoor is vir DNS getoets.

Die uitslag was positief.

Mortimer Saunders sit in die beskuldigdebank in die hof in Kaapstad. Foto: Jana Breytenbach

Dit het Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad aan die lig gekom toe Mortimer Saunders se regsverteenwoordiger, adv. Mornay Calitz, ’n aansoek ingedien het om een van die vorige staatsgetuies in die saak, Luthando Tiya, weer te roep om te getuig.

Tiya is ’n forensiese deskundige wat die toetse uitgevoer en Saunders se DNS op Courtney se lyk gevind het.

Tiya het vroeër in die saak getuig daar is semen in Courtney se geslagsdeel gevind, maar daar was nie genoeg DNS in die semen vir ’n positiewe bevinding nie.

Daar is wel van Saunders se DNS op ander dele van Courtney se lyk gevind.

Saunders staan tereg op aanklagte van verkragting en moord. Die staat beweer hy het Courtney op 4 Mei 2017 in haar ouerhuis verkrag en vermoor het deur haar te verwurg en te versmoor.

Saunders het in sy pleitverduideliking gesê hy het sy penis oor Courtney se lyk gevryf toe hy ’n seksuele daad met haar lyk uitgevoer het. Luidens sy pleitverduideliking het hy seksueel opgewek geraak nadat hy haar geslagsdeel met drie van sy vingers gepenetreer het.

Calitz wil Tiya herroep omdat hy duidelikheid oor ’n paar besonderhede wil kry.

Hy (Calitz) het dit onder die hof se aandag gebring dat die toetse van sekere monsters eers einde April vanjaar, op versoek van die staatsaanklaer, uitgevoer is.

Die staat beweer hy het Courtney op 4 Mei 2017 in haar ouerhuis verkrag en vermoor het deur haar te verwurg en te versmoor.

Hildegard Thünemann Oláh, wat dié monsters getoets het, sal nog geroep word om te getuig, maar haar verklarings is Donderdag voorlopig by die hof ingedien.

Dit is vir toetse wat uitgevoer is op monsters wat op Courtney se arm, mond en regterbobeen geneem is.

Calitz wou by Tiya weet waarom dié monsters nie soos die res getoets is nie.

Tiya het geantwoord hulle werk volgens standaard- operasionele prosedures en moet weet watter liggaamsvloeistowwe dit is ten einde dit te kan toets. Hy het die hof verseker daar is niks sinisters daaraan nie.

Calitz het Tiya gepols oor of daar semen in die vloeistof voor ejakulasie is. Tiya het dit vroeër ontken, maar Donderdag toegegee dat dit moontlik kan wees as die man meer as een keer geëjakuleer het.

Dit strook met wat Saunders in sy verduideliking gesê het oor of hy Courtney verkrag het of nie. Hy het dit ontken.

Volgende week sal prof. Johan Dempers, ’n patoloog, geroep word om te getuig.

Meer oor:  Dns  |  Courtney Pieters  |  Mortimer Saunders  |  Moord  |  Forensiese Deskundige
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.