Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moordverhoor van Johan du Toit straks wéér uitgestel

Die moordverhoor van Johan du Toit sal Maandag na verwagting in die streekhof in die Paarl uitgestel word.

Du Toit, wat teregstaan op die moord op sy vrou, Chanél, het in November verlede jaar begin getuig.

Chanél se skoonma het haar lyk op 7 Julie 2010 in hul kothuis op die plaas Dieu Donné in Franschhoek gevind.

Sy is verwurg.

Johan du Toit en sy regsverteenwoordiger, William Booth, by die hof met ’n vorige verskyning.

Du Toit is in 2010 kort ná sy vrou begrafnis in hegtenis geneem en van haar moord aangekla.

Hy ontken skuld, want volgens hom was hy vroeg die oggend na ’n jagtog onderweg en nie by die kothuis nie.

Die verhoor is in November 2018 uitgestel omdat die hofsitting deur kragonderbrekings ontwrig is. Die saak was veronderstel om in Februarie hervat te word, maar Du Toit moes ’n noodoperasie, vermoedelik vir ’n gebarste blindederm, ondergaan. Die saak is toe na Junie uitgestel.

William Booth, Du Toit se regsverteenwoordiger, het Maandag bevestig dat die saak uitgestel sal word omdat hy (Booth) onlangs ’n operasie ondergaan het en steeds aan die herstel is. Hy kon egter nie ’n datum bevestig nie.

In November het Du Toit in die beskuldigdebank in trane uitgebars nadat die staatsaanklaer vir hom foto’s van sy vrou se naakte lyk met bloed aan haar gesig en kneusplekke aan haar skouers gewys het.

Meer oor:  William Booth  |  Johan Du Toit  |  Franschhoek  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.