Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mooinooi-saak hervat

Die saak teen vyf mense wat op die moorde op Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi teregstaan, word Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria hervat.

Koos Strydom (52), sy vrou, Mercia (22), Alex Modau (36) en twee broers Aaron James Sithole (26) en Jack Chinkinya Sithole (19) word onder meer van twee aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede, twee aanklagte van ontvoering, drie van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla.

Die broers, wat destyds by Strydom se duikkloponderneming op die Van Niekerks se hoewe gewerk het, word ook van verkragting aangekla.

Al vyf beskuldigdes het Maandag skuld op al die aanklagte ontken. Die saak is hierna uitgestel omdat ’n Afrikaanse tolk nie beskikbaar was nie.

Die staat beweer dat Strydom die Van Niekerk-egpaar se hoewe wou bekom. Die paartjie is na bewering in Desember 2017 ontvoer, gemartel en gedwing om ’n koopkontrak te onderteken. Hulle is ook na bewering verkrag voordat hulle vermoor is. Hul lyke is glo daarna verbrand en slegs Anisha se oorskot is gevind.

Die staat sal Dinsdag sy eerste getuie roep om oor die bewyse op die toneel te getuig.

Die vyf beskuldigdes in die Mooinooi-saak het Maandag almal skuld ontken. Van links staan Aaron James Sithole, Koos Strydom, Jack Chinkinya Sithole, Alex Modau en Koos se vrou, Mercia. Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Pretoria  |  Hof  |  Mooinooi-Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.