Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moord by skool: Jong man kry borgtog

Die tienerseun van die Forest High School in Johannesburg wat buite die skool deur ’n medeleerling doodgesteek is, het ’n hangende saak van gewapende roof gehad, sê die staat.

Dit is een van die redes waarom die staat nie Maandag die borgtogaansoek van Mohammed Mwela, wat na bewering Daniel Bakwela doodgesteek het, teengestaan het nie.

“Wat belangrik is om te weet, is dat die oorlede se familie gekonsulteer is oor die besluit,” sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Mwela (19) is Maandag op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy staar ’n aanklag van moord in die gesig nadat hy Bakwela na bewering voor die skool doodgesteek het. Hy word ook van poging tot moord beskuldig dat hy twee ander leerlinge gesteek en beseer het.

“Ons het ook die familie versoek om vir ons die doodsertifikaat te verskaf omrede dat ons hulle bewus gemaak het dat die hy ook op ’n aanklag van gewapende roof verskyn het en weer in Augustus in die hof moes wees,” sê Mjonondwane.

Volgens haar moes Bakwela saam met sy vriend, wat na bewering ook deur Mawela gesteek is, in die hof verskyn. Die staat het al daardie feite oorweeg voor daar besluit is om nie borgtog teen te staan nie, sê sy.

“Selfs nou het die landdros beslis daar is ’n bewering ??dat die oorledene deel was van ’n bende. As die staat het ons nie inligting om sulke bewerings te weerlê nie, daarom het ons nie borgtog in die saak teengestaan nie.”

Mwela het in die hof aangevoer hy is op die dag van die voorval deur die oorledene se bende aangeval. Toe landdros Basimane Molwana hom gevra het hoe hy geweet het dit was ’n bende, het hy geantwoord dit was bekend dat Bakwela aan die Stoute Kinders-bende behoort.

Bakwela se vriende wat die hofverrigtinge bygewoon het, het aan News24 bevestig daar is groep is wat die Stoute Kinders genoem word, maar dat hulle nie betrokke is in enige misdaad nie.

“Daardie is topkinders. Hy (Bakwela) was in ’n bende, maar ons was besig met bendebedrywighede nie. Ons was net vriende,” sê een van die vriende.

Raymond Okita, Bakwela se oom, sê hulle is bekommerd dat Mwela ’n soortgelyke misdaad sal pleeg omdat hy weet hy gaan op borgtog vrygelaat word.

“ ’n 19-jarige het drie seuns gesteek – een is dood, twee het oorleef. Hoekom het hulle nie daardie twee seuns in die hof toegelaat om te getuig dit was nie selfverdediging nie?” sê Okita.

Volgens hom vra hulle nie dat Mwela die res van sy lewe in die tronk deurbring nie, maar hulle wil hê hy moet gestraf word en dan vrygelaat word.

“Hy sal teruggaan skool toe, want hy weet sy ouers sal vir hom R5 000 borgtog gee. Dit is onregverdig.”

Meer oor:  Forest High School  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.