Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moord op KZN-egpaar: Verdagte kry nie borgtog
Murray en Julie Ross. Foto: Port Shepstone Country Club

n Man (25) wat daarvan aangekla word dat hy ’n egpaar van Umtentweni aan die KwaZulu-Natalse Suidkus met ’n mes vermoor het, sal in aanhouding bly.

Bhekumuzi Makhoba het met sy verskyning Dinsdag in die landdroshof in Port Shepstone in verband met die moord op Murray (67) en Julie Ross (60) nie borgtog gekry nie.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is die egpaar op 28 Augustus met verskeie steekwonde aan die kop en nek by hul huis aangetref.

’n Huiswerker het op hul lyke afgekom.

Die Ross-egpaar was lede van die Port Shepstone Country Club (PSCC) en is deur vriende as “steunpilare van die gemeenskap” beskryf.

Makhoba, wat vyf dae later in hegtenis geneem is, het Maandag om borgtog aansoek gedoen.

Hy word met die voorval verbind nadat daar op die veiligheidskamera van ’n buurman gesien kan word hoe iemand op die spesifieke dag oor ’n heining spring.

“Aanklagte van moord en roof word ondersoek,” het Gwala gesê. ’n 23-jarige man is ook in verband met die voorval in hegtenis geneem, maar weer later vrygelaat weens ’n gebrek aan bewyse.

Makhoba is in 2016 ses jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy aan huisroof skuldig bevind is.

Die saak is tot 7 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Meer oor:  Julie Ross  |  Murray Ross  |  Geen Borgtog  |  Borgtog  |  Moord  |  Kzn-Egpaar  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.