Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moord op raadslid: Saak uitgestel

Die ANC het Donderdag ’n optog gehou na die Knysna-landdroshof om beswaar te maak teen borgtog aan ’n onafhanklike raadslid en drie ander wat in verband met die moord op die ANC-hoofsweep in die stadsraad verskyn het.

Victor Molosi (47) is op 23 Julie omstreeks 22:00 in die straat buite sy huis in Concordia doodgeskiet.

Victor Molosi. Foto: Verskaf

Hy was op pad huis toe ná ’n vergadering van die beheerliggaam van die Concordia High School toe verskeie skote op hom geskiet is. Hy is in die kop getref en is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die onafhanklike raadslid, Velile Waxa (58), en sy drie medebeskuldigdes, Mawande Makhala (42), Vela P. Dumile (39) en Mandla Tyololo (39) het egter nie Donderdag om borgtog aansoek gedoen nie, en die saak is tot 12 September uitgestel.

’n Vierde verdagte wat ook in hegtenis geneem was, is vrygelaat weens ’n gebrek aan bewyse.

Tyololo is vroeër in hegtenis geneem, waarna die ander drie op 14 Augustus onderskeidelik in Knysna en Kaapstad in hegtenis geneem. Hulle staan onder meer tereg op sameswering om moord te pleeg en moord met voorbedagte rade.

Die ANC in Knysna het voor hul verskyning in ’n verklaring op sy Facebook-blad gesê die party en besorgde lede van die gemeenskap sal hande vat en ’n optog teen hul borgtog hou omdat hulle glo dat die vier se vrylating die openbare vrede en veiligheid in die gedrang sal bring. Dit kan ook die publiek se vertroue in die regstelsel skaad.

Die raadslede en gemeenskap lewe in vrees. Indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word, sal die Knysna-munisipaliteit se koste vir raadslede se veiligheid verhoog word.

Die ANC en die gemeenskap vrees dat die beskuldigdes potensiële getuies kan intimideer, lui die verklaring.

Meer oor:  Victor Molosi  |  Knysna  |  Moordsaak  |  Anc-Raadslid  |  Hof  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.