Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moord op Tulbagh-dokter: Beskuldigde gou mondig

Die minderjarige meisie wat tereg staan weens die moord op dr. Roelof Botha van Tulbagh word op 28 Oktober mondig.

Sy sal dan self ’n adres aan die hof kan verskaf oor waar sy gaan woon tydens die verhoor.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolgings, sê die saak teen die 17-jarige meisie is Donderdag tot 28 Oktober uitgestel.

Dan sal sy weer saam met haar medebeskuldigdes, Aiden Abels (27), Justin Adonis en Andrew Gouws (albei 30), in die hof verskyn.

Die 17-jarige beskuldigde se naam mag ingevolge wetgewing nie bekend gemaak word nie.

Dr. Roelof Botha van Tulbagh Verskaf

Sy het op 1 Oktober in die hof verskyn toe die saak tot 15 Oktober uitgestel is sodat die ondersoekbeampte ’n alternatiewe adres vir haar kon bevestig nadat sy op borgtog vrygelaat is.

Volgens Ntabazalila het die ondersoekbeampte na die adres gegaan, maar kon dit nie vind nie.

Daar is toe besluit die beskuldigde sou die ondersoekbeampte gaan wys waar die adres is, maar volgens Ntabazalila is dit nie gedoen nie.

Hulle het besluit om te wag tot sy 18 word en nie meer die ’n volwassene nodig het om vir haar te besluit waar sy moet bly nie.

“Sy sal tot haar volgende verskyning in ’n plek van veiligheid bly. Sy sal dan ’n adres aan die hof verskaf waarmee sy gemaklik is,” het Ntabazalila gesê.

Haar drie medebeskuldigdes het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

Botha se lyk is op 1 Junie omstreeks 18:30 langs die Schalkenbosch-pad buite Tulbagh gekry nadat hy met ’n skerp voorwerp, vermoedelik die lem van ’n skaapskêr, doodgesteek is.

Meer oor:  Roelof Botha  |  Eric Ntabazalila  |  Tulbagh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.