Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moordbeskuldigde sal moet wag vir borgtogaansoek

Die man van Mitchells Plain wat aangekla word van die moord op Stacey Adams (6) sal moet wag voordat hy ’n aansoek om borgtog kan indien.

Christopher Lee Brown (25) het Dinsdag in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn waar sy saak tot 16 Augustus uitgestel is.

Christopher Lee Brown (25), wat Dinsdag in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn het. Foto: Jaco Marais

Brown het Stacey na bewering vermoor en moontlik ook verkrag. Stacey se ma, Sasha-Lee Adams (24), en Brown was glo in ’n verhouding, maar sy het die verhouding verbreek.

Haar lyk is op 24 Junie gevind langs Brown se wendyhuis, reg langs Adams se huis. Die polisie het later ’n panga onder die wendyhuis gekry.

Met Brown se eerste verskyning het die staatsaanklaer, Juwaya Kleinsmith, gesê Brown het verskeie sake hangend teen hom, onder meer een van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Brown se saak is toe tot 24 Julie uitgestel sodat hy ’n aansoek om borgtog kan indien.

Dinsdag was daar net ’n afloslanddros en die saak is weer uitgestel sodat die aanvanklike landdros, Cathy Steyn, die aansoek kan aanhoor.

Meer oor:  Stacey Adams  |  Mitchells Plain  |  Hofsaak  |  Moord  |  Borgtogaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.