Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Beskuldigde voor moordsaak in tronk gesteek

’n Beskuldigde in die moordsaak van die 12-jarige Aaliyah (Angel) Tee is glo Maandagoggend voor sy verskyning in die hooggeregshof in Port Elizabeth in ’n tronkbakleiery in die been gesteek.

Nealon Redhouse (18), wat in die Noordeinde-gevangenis aangehou word, het moeilik geloop toe hy die hofsaal binnekom en het sy linkerbeen gesleep.

Nealon Redhouse (links) is Maandagoggend glo in ’n stekery in die Noordeinde-gevangenis beseer en kon nie met sy verhoor voortgaan nie. Regs is sy medebeskuldigde, Deon “Kwas” Harmse. Foto: Lulama Zenzile

Redhouse en sy medebeskuldigde, Deon (Kwas) Harmse (24), staan tereg op aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord, aanklagte van poging tot huisbraak met die doel om moord te pleeg, huisbraak met die doel om moord te pleeg, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en die oortreding van die Suid-Afrikaanse Polisiewet.

Hulle het Angel na bewering op 7 Junie 2016 in haar ouerhuis in Barberryweg, Bethelsdorp, doodgeskiet.

Die beskuldigdes het hulle na bewering voorgedoen as polisielede en ook Angel se pa, Edmund, gewond. Hy is glo sedert die voorval verlam.

Redhouse se regsverteenwoordiger, adv. Jodine Coertzen, het Maandag gesê hy verkeer in baie pyn nadat hy vroeg die oggend in ’n bakleiery in die gevangenis beseer is. “Hy het vir my gesê daar was ’n steekvoorval en hy en ’n paar ander is beseer,” het sy gesê.

Adv. Mujaahid Sanden, staatsaanklaer, het die gevangenis geskakel om uit te vind wat die prosedure is wanneer ’n gevangene mediese behandeling moet kry.

Hy het regter Mandela Makaula daarna meegedeel dat Redhouse na die gevangenis teruggeneem moet word, waar die owerheid sal toesien dat hy mediese sorg ontvang.

Sanden het ’n mediese verslag aangevra, indien nodig.

Makaula het die saak tot Dinsdag uitgestel.

Meer oor:  Deon “Kwas” Harmse  |  Nealon Redhouse  |  Aaliyah "Angel" Tee  |  Port Elizabeth  |  Hof  |  Bendeskietery  |  Tronk  |  Moord  |  Misdaad  |  Gesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.