Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moordenaar kry lewenslank vir moord tydens parool

’n Veroordeelde moordenaar wat tydens sy parool weer moord gepleeg het, is in die streekhof in Bloemfontein lewenslank tronk toe gestuur.

Hy moet sy eerste vonnis ten volle uitdien. Die hof het beveel dat die twee moordvonnisse nie samelopend uitgedien mag word nie.

Sers. Sinah Mpakane sê Mojalefa Patrick Rammile (39) is Maandag skuldig bevind aan moord en die besit van ’n onwettige vuurwapen.

Sy sê Rammile het ’n lang misdaadgeskiedenis en is in 2004 skuldig bevind aan die onwettige besit van ammunisie. Hy is ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van ’n vuurwapen.

In 2012 is Rammile skuldig bevind aan moord en tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is weer skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen waarvoor hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Rammile is in 2016, net vier jaar nadat hy vir die moord gevonnis is, op parool vrygelaat.

Hy het op 24 April 2016 vir Kabelo Innocent Mokwa (26) voor sy ma doodgeskiet. Mokwa het vroeër die dag ’n vriend van Rammile met ’n mes gesteek.

Pulane de Wee (20), Rammile se vriendin, is skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen en is gevangenisstraf van ses jaar opgelê waarvan vyf jaar opgeskort is.

Rammile is tot lewenslange gevangenisstraf vir die moord gevonnis en nog 15 jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen. Hy moet ook 15 jaar van sy eerste vonnis vir moord uitdien en is tot nog 15 jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.