Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moordenaar van Rafferty-egpaar kry 25 jaar
Glen en Vida Rafferty. Foto: Facebook

Een van die mans wat Glen (63) en Vida (60) Rafferty van Normandien in KwaZulu-Natal vermoor het, is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Sizwe Zwane (33) is op 14 Februarie in hegtenis geneem en het Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuld beken op twee aanklagte van moord en een van roof.

Die Rafferty-egpaar is op 30 Augustus 2020 vermoor toe hulle die Saterdagaand na hul huis teruggekeer het.

Die bende, waarvan Zwane deel was, het die egpaar by hul huis ingewag en doodgeskiet.

’n Waghond is saam met hulle doodgeskiet en die mans het die geheuetoestel van veiligheidskameras uit die huis geneem voordat hulle in die egpaar se motor weggery het.

Die voertuig is later langs die pad gevind.

’n Sak met geld en die kluissleutels wat langs Vida gelê het, is nie gevat nie.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, genl.maj. Thulani Gonya, het Zwane se vonnis verwelkom.

Gonya sê sedert die moorde rugbaar geword het, het ’n ondersoekspan onverpoos en toegewyd die saak ondersoek.

Zwane is tot tien jaar vir roof gevonnis en tot 25 jaar elk vir die twee moorde. Hy sal die vonnisse samelopend uitdien.

Nog twee mans is tans verhoorafwagtend en speurders sê daar is moontlik nog verdagtes wat met die moorde verbind kan word.

Speurders is blykbaar op soek na die baasbrein agter die aanval.

Vyf mans is aanvanklik in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem, maar drie van hulle is weer vrygelaat.

Siyabonga Goodman Macu (29) en Doctor Vukani Ngwenya (22) is tans in aanhouding en sal binnekort verhoor word.

Die Rafferty-moorde het verlede jaar ’n onstuimige tydperk in die Suid-Afrikaanse politiek en vir die landbou ingelui. ’n Maand ná hul moorde is Brendin Horner op 1 Oktober by Paul Roux in die Vrystaat vermoor.

Cele het Normandien besoek ná die egpaar se moorde om die gemoedere te kalmeer.

Uitlatings wat hy glo in Zulu gemaak het, het tot groot bitterheid by plaaslike boere gelei.

Opkomende boere het op die vergadering beweer kommersiële boere skiet hulle en vat hul vee.

Boere van Normandien het volgehou dat Cele in reaksie hierop gesê het dat boere dan nie moet huil as hulle seerkry nie.

Hy het hierna gesê Afrikaanssprekende boere het hom verkeerd verstaan.

Die persombudsman het Woensdag in Cele se guns beslis en gesê daar is nie bewyse dat Cele wel gesê het boere moenie huil as hulle seerkry nie.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/landbouweekblad-moet-vir-cele-jammer-se-bevind-ombud-20210303

Meer oor:  Normandien  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.