Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moordenaars swaar gestraf ná blindelingse skietery
Given Cornelius (links) en Bradley Bergens vroeër in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Son/Argief

Die Oos-Kaapse polisiekommissaris het twee koelbloedige moordenaars se vonnisse van onder meer twee keer lewenslange gevangenisstraf asook ’n verdere 63 jaar tronkstraf verwelkom.

Dié twee bendelede van die stad, Bradley Bergens (26) en Given Cornelius (30), is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis. Hulle is aan twee moorde, vier aanklagte van poging tot moord, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie skuldig bevind.

Hulle het op 4 November 2017 omstreeks 21:00 by ’n huis in Dinsmoreweg, Schauderville, opgedaag en blindelings skote afgevuur in ’n motorhuis waarin ses mense met ’n oop deur gesit en kuier het.

Reagan Fourie (21) en Reagan Russell (16) is dood en vier ander is gewond.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is Bergens op 28 November 2017 en Cornelius vier dae later in hegtenis geneem.

Die hof het albei lewenslange tronkstraf op die twee aanklagte van moord opgelê. Op die vier aanklagte van poging tot moord is hulle elk tot 12 jaar gevangenisstraf per aanklag gevonnis. Hulle is ’n verdere 15 jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie opgelê.

Geen melding is gemaak dat die vonnisse samelopend uitgedien sal word nie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die suksesvolle vervolging is danksy ’n geïntegreerde benadering tussen die verskillende eenhede binne die strafregstelsel.

“Die vonnis stuur ook ’n sterk boodskap uit dat misdadigers die maksimum straf opgelê sal word en ons, die polisie, nie afgeskrik sal word in ons missie om te verseker dat alle inwoners van die noordelike voorstede veilig voel nie.”

Meer oor:  Bradley Bergens  |  Given Cornelius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.