Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moordverdagte ook op ander klagte in hof

Een van die moordverdagtes in die Petrus Scholtz-moordsaak het Vrydag op nóg aanklagte in die landdroshof in Port Elizabeth voorgekom.

Wayne Russouw (31) wat saam met sy ma, Christine (55), en suster, Chantell (35), asook Ronald Swartz (24) weens die moord op Scholtz aangekla word, staar ook ’n aanklag van diefstal en bedrog in die gesig.

Wayne Russouw. Foto: Facebook

Die bedrog- en diefstalsaak hou glo verband met die aankoop van ’n motor wat onderskeidelik op 1 en 7 Mei gebeur het.

Russouw sal op 14 Augustus ’n aansoek om borgtog in verband met dié sake bring.

Op dieselfde dag sal hy saam met sy ma, suster en Swartz ’n borgtogaansoek in die Scholtz-moordsaak bring.

Na bewering het die Russouw-gesin en Swartz saamgespan om Scholtz te vermoor en het sy lyk glo later in die bosse by die Fairview-woonbuurt in die stad gelos.

Scholtz is na bewering by die Russouw-gesin se huis vermoor, waarna sy lyk in ’n vrieskas gehou is voordat dit in die bosse langs Willowweg gelos is.

Scholtz is die oggend van 19 Julie langs ’n grondpad in dié bosse deur ’n verbyganger aangetref.

Scholtz se hande en voete was met ’n nylontou voor hom vasgebind en daar was plastiek om sy kop gedraai.

Verder word beweer Scholtz, ’n elektrisiën, is twee dae voordat sy lyk ontdek is na die Russouws se huis uitgeroep om ’n elektroniese probleem te herstel.

Die toneel in die bosse by die Fairview-woonbuurt in Port Elizabeth waar die lyk van Petrus Scholtz op 19 Julie gevind is. Foto: Argief

Hy is daarna nie weer gesien nie en sy bakkie was skoonveld. Die bakkie is later in Noordeinde gekry, waar die Russouw-gesin die bakkie glo verkoop het.

Al vier die moordverdagtes het aangedui dat hulle om borgtog sal aansoek doen.

Intussen het Wayne ook aangevoer hy het nog nie sy depressiemedisyne gekry nie, en ondanks die landdros se bevel, is hy nog nie na ’n hospitaal geneem vir ’n besering aan sy hand nie.

Wayne het na bewering sy hand beseer nadat hy die muur in sy tronksel met sy vuis geslaan het.

Die landdros het weer beveel dat Wayne na die hospitaal geneem word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.