Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Motor-handelaar gevonnis oor R5 m. se bedrog

’n Voormalige motorhandelaar is tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat hy meer as R5 miljoen van sy werkgewer gesteel het.

Mark Donovan Bezuidenhout (45) is verlede Vrydag in die streekhof in Mbombela gevonnis vir bedrog wat hy as werknemer by Imperial Toyota gepleeg het.

Hy het van Januarie 2011 tot Junie 2014 bedrog gepleeg deur die betaling van 19 voertuie na sy persoonlike bankrekening te kanaliseer, sê Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, in ’n verklaring.

Hy is in hegtenis geneem nadat Toyota ondersoek na ’n verlies van R5 051 778,18 ingestel het.

Volgens haar is hierdie transaksies verdoesel en vervalste dokumente aan Imperial Toyota se finansiële bestuurder verskaf.

Bezuidenhout het op 19 aanklagte van bedrog skuld beken en erken dat hy nie die reg of toestemming gehad het om die geld te steel nie.

Hy is tot tien jaar tronkstraf gevonnis waarvan ses jaar vir vyf jaar opgeskort is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.