Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Motoris wat verkeersbeampte doodskiet kry lewenslank

’n Motoris wat 'n verkeersbeampte van Standerton in 2016 doodgeskiet het, is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Delmas.

Bongani NkumbaFoto: Argief

“Hierdie vonnis sal diegene afskrik wat verkeersbeamptes intimideer en aanrand wanneer hulle hul werk doen,” het Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, in reaksie gesê.

Die hof het bevind Alexander Mohoebi, oorspronklik van Lesotho, het Bongani Nkumba doodgeskiet toe Nkumba hom op die R23-pad afgetrek en ’n boete uitgeskryf het.

Luidens die verklaring van Ngomane het Nkumba ’n swart Jeep gesien wat op ’n onwettige plek geparkeer was, en die bestuurder genader en hom gevra om sy rybewys te wys.

Nkumba het toe vir Mohoebi ingelig dat hy ’n boete gaan kry, en dat hy vir alkohol-toetse geneem sal word.

Nkumba het toe die verdagte gevra om saam met hom na die staatsvoertuig te gaan, sodat hy vir hom ’n kaartjie kon gee. Die verdagte het die verkeersbeampte se toestemming gevra om na sy Jeep te gaan om sy selfoon te gaan haal.

Ooggetuies het gesê dat hulle verskeie skote hoor klap het, en gesien het hoe Mohoebi terughardloop na sy Jeep en wegjaag.

Netwerk24 het vroeër berig die bebloede boetekaartjie is later in Mohoebi se Jeep gevind, saam met die moordwapen.

Mohoebi het skuldig gepleit op alle aanklagte, en is Maandag lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die moord, asook ’n tweede lewenslange vonnis vir die rooftog.

Regter Brian Mashile het Mohoebi gevonnis tot ’n verdere twee jaar en een jaar vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie onderskeidelik.

Mohoebi het die Nkumba-familie deur sy regsverteenwoordiger om verskoning gevra, maar die staatsaanklaer Eric van der Merwe het gesê Mohoebi het geen berou getoon nie.

Kitty Nkumba, ’n suster van die oorledene, sê hulle as ’n familie is tevrede met die uitspraak.“Ons is bly dat geregtigheid geskied het. Die gereg het ons nie in die steek gelaat nie,” sê sy.

Meer oor:  Vrede  |  Vonnis  |  Verkeersbeampte  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.