Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Motorman 18 j. tronk toe vir Welkom-moord

’n Werktuigkundige wat ’n bejaarde skrynwerker van Welkom laataand buite sy huis koelbloedig vermoor het, is in die rondgaande hooggeregshof in Virginia altesaam 26 jaar tronkstraf opgelê.

Waarnemende regter Henri Benade het Thabiso Botsane (22) van Flamingopark in Welkom daaraan skuldig bevind dat hy Alan Roberts (65) die aand van 7 Oktober 2014 in ’n rooftog voor sy huis in die Dagbreek-woonbuurt doodgeskiet het.

Botsane is tot 16 jaar tronkstraf weens die moord en tien jaar weens roof met verswarende omstandighede gevonnis.

Hy sal die vonnisse só samelopend uitdien dat hy effektief vir 18 jaar tronk toe gestuur is.

Die gesteelde voertuig het later die aand buite Bultfontein gaan staan, waarna hulle Mongana se hulp ingeroep en voorgegee het dit is ’n private kliënt se motor.

Sy makker en werkgewer, Goodwill Mongana (32), die eienaar van ’n duikkloponderneming in Welkom, is op alle aanklagte vrygespreek nadat die staat nie sy betrokkenheid by die skietdood en roof kon bewys nie.

Hul medebe­skuldigde en Mongana se broer, Thabiso Mohlibeli (23), wat na bewering die skieter was, het op 25 November verlede jaar sy eie lewe geneem.

Botsane en Mohlibeli het op 7 Oktober 2014 ’n sak dwelms en ’n vuurwapen van ’n dwelmhandelaar in Thabong gesteel.

Dié middag het hulle van die dwelms gerook.

Terwyl hulle omstreeks 21:00 huis toe gestap het, het hulle ’n voorhek in Diazstraat sien oopstaan en besluit om die erf te betree.

’n Rukkie later het Roberts in sy groen BMW voor sy huis stilgehou. Toe Roberts uit sy voertuig klim, het hulle hom aangeval.

Mohlibeli het geëis dat hy sy BMW se sleutel aan hom oorhandig. Toe hy weier, het Mohlibeli die vuurwapen uitgepluk. Skote het geklap en Roberts het inmekaargesak.

Botsane het die bebloede sleutels uit ’n bewustelose Roberts se hand gegryp, in die BMW gespring en Roberts vir dood agtergelaat.

Hulle het daarna die motor se nommerplate verander en uit die stad gevlug.

Die gesteelde voertuig het later die aand buite Bultfontein gaan staan, waarna hulle Mongana se hulp ingeroep en voorgegee het dit is ’n private kliënt se motor.

Mongana het toe reëlings getref dat die voertuig by ’n vriend se huis in Bultfontein staan totdat dit herstel kon word.

Roberts se bure het die volgende oggend sy lyk in ’n plas bloed in die oprit van sy huis aangetref.

Op 9 Oktober het die polisie die gesteelde BMW in Bultfontein opgespoor. Al drie mans is later die dag tussen Welkom en Bultfontein in hegtenis geneem terwyl hulle op pad was om die voertuig te gaan haal.

Mohlibeli het met sy inhegtenisneming die BMW se sleutel by hom gehad.

Botsane is deur DNS met die misdade verbind en het uitwysings aan die polisie gedoen.

Adv. Silas Chalale het vir die staat opgetree.

M. Modise het vir Botsane en Mongana opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.