Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Moyane in Mei op aanrandklag verhoor

Die verhoor van Tom Moyane, voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, op aanklag van aanranding van die ma van sy kleinkind, vind eers volgende jaar plaas.

Tom Moyane Foto: Argief

Moyane het Woensdag in die landdroshof in Roodepoort verskyn waar die saak tot Mei volgende jaar uitgestel is.

Hy was geklee in ’n roomkleurige baadjie, hemp en swart broek en het die regspan van AfriForum, asook sy eie regspan, met ’n glimlag gegroet voordat hy in die beskuldigdebank stelling ingeneem het.

Met sy vorige verskyning is sy saak uitgestel om vir AfriForum, wat hom privaat vervolg, tyd te gee om die dossier aan sy regsverteenwoordiger te oorhandig.

Phyllis Vorster, AfriForum se regsverteenwoordiger, het Woensdag aan die hof gesê kopieë van die dossier is aan die verdediging oorhandig en ’n verhoordatum is vir 5 en 6 Mei vasgestel.

Moyane is gewaarsku dat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik sal word as hy nie dié hofsitting bywoon nie.

Moyane het haastig gelyk toe hy die hof verlaat het.

Hy word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer en van skade aan eiendom. Hy het na bewering die vrou, wat toe 17 was, in Mei verlede jaar aangerand. Haar naam word weerhou omdat sy ten tyde van die voorval minderjarig was.

Hy het haar na bewering tydens ’n rusie geskop. Mediese verslae het gewys haar kakebeen en buik was beseer.

Die nasionale vervolgingsgesag het geweier om te vervolg en gesê die vooruitsig op sukses is skraal. AfriForum het egter die saak onder leiding van adv. Gerrie Nel, hoof van sy private vervolgingseenheid, oorgeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.