Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
MRK bevestig DA se klag oor kospakkies teen departement

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag bevestig dat hy ’n klag van die DA ontvang het teen die departement van maatskaplike ontwikkeling omdat nieregeringsorganisasies verbied word om gekookte kos aan honger mense te versprei.

Jonas Sibanyoni, kommissaris van die MRK van grond, regte op voedsel en omgewing, sê in hierdie stadium duur die ondersoek voort en die MRK het nog nie hieroor beslis nie.

“Die bewering is dat die departement mense se regte op grond van afdeling 27 van art. 2 van die Grondwet geskend het. Ingevolge die wet het almal die reg op kos,” sê Sibanyoni.

Die departement koördineer al die skenkings aan nieregeringsorganisasies om te verseker dat daar geen duplisering is nie en dat die regmatige begunstigdes wat vir voedselverligting kwalifiseer, kospakkies ontvang.

Hy sê die MRK kan nie beslis sonder om die saak tussen die partye op te los nie.

Intussen het Refiloe Nt’sekhe, DA-woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, gesê daar is nie samewerking tussen die departement en nieregeringsorganisasies om honger mense te voed nie.

Nt’sekhe sê die DA is betroubaar ingelig dat nieregeringsorganisasies verhoed word om gekookte maaltye te versprei en dat daar te veel prosedures gevolg moet word wanneer hulle kospakkies aan mense in nood wil versprei.

“Volgens Panyaza Lesufi, die waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, keer die departement nie die nieregeringsorganisasies nie, maar versoek hulle om by die Covid-19-regulasies soos sosiale distansiëring te hou wanneer hulle kospakkies versprei.

“Die departement koördineer al die skenkings aan nieregeringsorganisasies om te verseker dat daar geen duplisering is nie en dat die regmatige begunstigdes wat vir voedselverligting kwalifiseer, kospakkies ontvang.”

“Lesufi het dié inligting bekend gemaak toe hy op ’n virtuele sitting van die Gautengse provinsiale wetgewer op die DA se mondelinge vrae geantwoord het,” sê Nt’sekhe.

Meer oor:  Mrk  |  Da  |  Panyaza Lesufi  |  Covid-19-Virus  |  Kospakkies  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.