Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
MRK dien hofstukke oor Etzebeth-saak in

Die Menseregtekommissie (MRK) dien Maandag sy rekord aangaande die Springbok-slot Eben Etzebeth se hersieningsaansoek by die hooggeregshof in, sê adv. André Gaum, MRK-kommissaris.

Eben Etzebeth Foto: Hagen Hopkins, Getty Images

Die rekord ter sprake is dié van die verrigtinge wat tot die MRK se besluit gelei het om ’n saak van haatspraak namens vier klaers teen Etzebeth by die gelykheidshof in te dien.

Gaum sê egter daar is nog nie sekerheid oor of die MRK Etzebeth se hersieningsaansoek gaan teenstaan nie.

Hy sê die MRK sal daaroor besluit nadat Etzebeth sy aanvullende hofstukke ingedien het – “indien hy enigsins iets verder gaan indien”.

“Ons (die MRK) het 15 dae (hofdae) ná die indiening en betekening van die (moontlike) aanvullende stukke om ’n kennisgewing van teenstand, indien enige, in te dien,” sê Gaum.

Etzebeth, wat Maandag nog saam met die Springbokke op hul landwye oorwinningsparade was nadat hulle die Wêreldbeker in Japan gewen het, is deur die MRK van haatspraak aangekla weens ’n beweerde voorval in Augustus in Langebaan aan die Weskus.

Vroeër is berig daar is eers met die saak gewag hangende Etzebeth se hersieningsaansoek. Hy meen die MRK het onregmatig opgetree in sy ondersoek teen hom.

Etzebeth verwys in sy hofstukke spesifiek na uitlatings deur adv. Buang Jones, hoof van die MRK se regsafdeling, wat volgens hom daarop dui dat hy skuldig bevind word nog voordat daar ’n deeglike ondersoek of verhoor was.

Jones het verlof geneem hangende ’n interne ondersoek na sy uitlatings.

Meer oor:  Menseregtekommissie (Mrk)  |  Eben Etzebeth  |  Rasse-Voorval  |  Hofstukke  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.