Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
MRK het nog nie oor Etzebeth besluit

Die Menseregtekommissie (MRK) het nog nie besluit of hy die Springbokslot Eben Etzebeth se hersieningsaansoek gaan teenstaan nie.

Sy prokureur het onlangs ’n aansoek by die gelykheidshof ingedien, waarin Etzebeth vra dat die MRK se saak van haatspraak teen hom geskrap word.

Eben Etzebeth. Foto: Getty Images

Die MRK het Maandag vergader om die saak te bespreek en ’n regsmening daaroor is aan die kommissie voorgelê.

Die haatspraaksaak hou verband met ’n voorval in Langebaan, waarin Etzebeth (28) en nog ander mense glo twee mans aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings toegesnou het.

Daar is ook strafregtelike klagte van aanranding, crimen injuria en die rig van ’n vuurwapen teen Etzebeth aanhangig gemaak.

Hy ontken al die bewerings.

Prof. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, sê hulle het wel besluit om te voldoen aan die vereistes om alle verslae, dokumente en elektroniese data rakende die saak en ingevolge die reëls van die hof by die registrateur van die Johannesburgse hooggeregshof in te dien.

“Wat hulle (Etzebeth se regspan) wil hê, is die dokumentasie wat ons gebruik het om tot ons besluit te kom om die saak na die gelykheidshof te verwys. Hulle soek onder meer die notule en memo’s van die vergadering van kommissarisse, asook die e-posse wat aan mense gestuur is,” sê hy

Volgens Majola het die kommissie nie ’n besluit geneem oor of hy hom aan die saak moet onttrek nie.

“Etzebeth het tien dae om die dokumente te bestudeer wat ons indien. As hy iets kry om sy aansoek aan te vul moet hy dit binne tien dae doen. Ons sal dan die aanvullende aansoek kry, en dan sal daar van ons verwag word om aan te dui of ons gaan appelleer, onttrek of daarmee saamstem,” sê Majola.

Volgens die MRK sal daar eers later vandeesmaand duidelikheid oor die saak wees.

Meer oor:  Menseregtekommissie (Mrk)  |  Eben Etzebeth  |  Haatspraak  |  Ondersoek  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.