Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
MRK: Kommer oor ‘openbare aanvalle’ op regbank

Die Menseregtekommissie (MRK) het sy kommer oor die onlangse “openbare aanvalle” op die regbank, Grondwet en die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitgespreek.

Die vordering wat die kommissie al gemaak het, is Donderdag deur die MRK verwelkom en hy het ’n beroep gedoen op senior lede van politieke partye, onder wie die regerende party, om toe te sien dat “onafhanklike regsprosesse vry van partypolitiek gehou word”.

’n Beroep is gedoen op partye, die staat en almal in Suid-Afrika om die onafhanklikheid van die regbank en regsprosesse te verdedig, “want dit bestaan om die belange en regte van almal te beskerm”.

Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, sê in ’n verklaring die gesag van die howe word in twyfel getrek en veroordeel terwyl opnames met kritiek op adjunkhoofregter Raymond Zondo en optrede teen oudpres. Jacob Zuma uitgelek is.

“Die regbank se vermoë om sy werk onafhanklik te verrig en dat alle regsaksie onafhanklik en sonder vrees gedoen word of onpartydigheid bly, is noodsaaklik vir ons demokratiese bedeling om te werk.”

Die MRK het benadruk dat korrupsie ’n groot struikelblok vir ontwikkeling, die verligting van armoede en die skep van ekonomiese gelykheid is.

“Getuienis voor die Zondo-kommissie, wat die omvang van staatskaping blootgelê het, is skokkend en dui op die ware aard en uitwerking van wydverspreide korrupsie in die staat.”

Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het intussen om verskoning gevra vir die taalgebruik in die opnames wat onlangs uitgelek is, onder meer van die onlangse vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) waar besluit is dat Ace Magashule as sekretaris-generaal opsy moet staan.

Duarte was self in die nuus toe uitlatings wat sy oor Zuma en die Zondo-kommissie gemaak het, uitgelek is en sy het Zondo skriftelik om verskoning gevra.

Meer oor:  Regbank  |  Menseregtekommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.