Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Muishond Malan staar nóg ’n interdik in die gesig

’n Paramedikus van Kimberley het ’n nuwe interdikaansoek teen die Muishond Malan-rubriekskrywer gebring omdat hy hom onder meer glo teister.

Craig van Rensburg versoek die hof om Rudi Ferreira, die rubriekskrywer en ’n sakeman, te verbied om hom te teister deur hom te dreig, met sy werk in te meng of hom regstreeks of onregstreeks op sosialemediaplatforms sleg te sê.

Ferreira is ook in ’n onverwante interdikaansoek in ’n teisteringsaak wat Linja Allen, ’n sakevrou en gemeenskapsleier, in Maart teen hom gebring het, betrokke.

Jana Grobbelaar en Rudi Ferreira.Foto: WhatsApp

Van Rensburg voer aan sy werkgewer se naam word in gedrang gebring en daarmee saam sy werk. Ferreira gaan moontlik dié aansoek teenstaan, en het aangedui hy gaan verdere besonderhede versoek.

Van Rensburg beweer Ferreira het hom in April op ’n ongelukstoneel in Kimberley gevloek en beledig.

Volgens Van Rensburg het hy op ’n ongelukstoneel kegels uitgesit om ambulanspersoneel en die publiek teen verkeer te beskerm.

Ferreira het daar stilhou en Van Rensburg het gehoor hoe Ferreira teenoor ’n polisielid kla “dat sy joernaliste” altyd van ongelukstonele verwyder word wanneer Van Rensburg se maatskappy op ongelukstonele werk.

(Ferreira het toe nog by die plaaslike koerant DFA gewerk en die tydskrif Glitter uitgee. Sy vriendin, Jana Grobbelaar, is die redakteur van Glitter en die FinditinKimberley-aanlynkoerant).

“Nadat Ferreira weer met sy joernaliste gepraat het, het hy vir my gesê hy hoor ek sê hy is ’n f*kk*n kind. Ek het gevra of hy dit van ander of van my gehoor het.

“Hy het geantwoord dat hy my gaan wys wie ’n f*kk*n kind is. Ek het hom gevra wat ek verkeerd gedoen het. Hy het geantwoord dat my pak slae naby is. Hy het gesê as hy met my klaar is, sal ek op die f*kk*n straat sit.

“Ek het gevra of hy my dreig. Hy het nader geloop en gesê dit is nie ’n dreigement nie, dit is ’n stelling. Toe hy terugloop, het hy my met die woord ‘prinses’ gegroet.”

Van Rensburg voer aan Ferreira het hom in Januarie ook geïntimideer.

Dié aansoek kom te midde van ’n deelsverhoor waarin Allen die hof versoek om haar interdikaansoek teen Ferreira en Muishond Malan permanent te maak.

Allen beskuldig Ferreira dat hy haar in Maart vanjaar onder sy eie naam op WhatsApp en as Muishond Malan op Facebook beledig en gedreig het.

Ferreira het na bewering op WhatsApp vir Allen gesê daar sal “f*kk*l” van haar oorbly.

Ferreira gaan op 20 Mei betoë lewer in sy aansoek om verdere inligting in Allen se saak teen hom, waarna hy ook moontlik verdere inligting van Van Rensburg gaan versoek.

Meer oor:  Rudi Ferreira  |  Muishond Malan  |  Rubriekskrywer  |  Hof  |  Interdik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.