Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Munisipaliteit moet miljoene opdok oor vrou in gat trap

Die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley, wat reeds geldelike probleme ondervind, moet ’n vrou R6,4 miljoen betaal nadat sy in 2009 beseer is weens ’n onbedekte watermetergat op ’n sypaadjie.

Die onbedekte watermetergat in ’n sypaadjie in Kimberley waar ’n vrou ernstig beseer is. Foto: Verskaf

In haar verklarende bevel het waarnemende regter Ntombizanele Ndlokovane Dinsdag beslis dat die bedrag ook maandelikse rente van 10,25% sal dra. Dit volg nadat ’n skikking bereik is.

Die eerste paaiement van R800 000 moet op 1 Junie vanjaar uitbetaal word.

Die eiser (54), ’n verpleegkundige, het rug- en voetbeserings opgedoen het toe sy in die gat getrap het. Sy kan gevolglik nie meer werk nie.

Die regter het vroeër in haar uitspraak in ’n skadevergoedingseis in die hooggeregshof in Kimberley bevind die munisipaliteit was nalatig deur die gat onbedek te laat. Die raad het ook nie veiligheidsmaatreëls getref om voetgangers te beskerm of te waarsku nie.

Haar eis was bykans R5 miljoen, wat mediese koste en verlies aan toekomstige inkomste insluit.

Africa het op 5 November 2009 in haar etensuur in Phakamile Mabija-weg na Du Toitspan-weg geloop. Sy was haastig en het ander voetgangers verbygesteek. Naby die Foschini-winkel het sy in die onbedekte gat getrap, en is ernstig beseer toe sy daarin geval het. Africa het aangevoer die raad was nalatig deur nie die sypaadjies en die gate daarin in stand te hou en te beveilig nie.

Met die besoek ter plaatse het die regter op die betrokke gat afgekom, wat intussen met ’n sementdeksel bedek is. Daar was ’n ander onbedekte gat in Phakamile Mabija-weg naby die American Swiss-winkel asook drie onbedekte gate in sypaadjies weerskante van Stockdalestraat.

Volgens die regter is die gat waaroor die eis handel vir vyf jaar ná die voorval gereeld onbedek gelaat weens metaaldiefstal. Die gat is eers in 2016 met ’n kostedoeltreffende sementdeksel toegemaak.

Tog het die regter bevind die eiser kan nie heeltyd na die sypaadjie kyk terwyl sy voetgangers ook moet vermy nie.

Die eiser was geloofwaardig en het toegegee dat sy meer oplettend sou gewees het indien sy nie so haastig gestap het nie.

Tog het die regter bevind die eiser kan nie heeltyd na die sypaadjie kyk terwyl sy voetgangers ook moet vermy nie.

Aan die ander kant was die raad nalatig deur nie die gat toe te maak en redelike stappe te doen om dit te beveilig nie. Die munisipaliteit het ontken hy was nalatig, maar het geen geloofwaardige ondersteunende bewyse gelewer nie.

Adv. Chris Botha het in opdrag van Hentie van Niekerk van Elliott, Maris, Wilmans & Hay Ingelyf en adv. James Gilliland in opdrag van Van de Wall Ingelyf vir die munisipaliteit verskyn.

Meer oor:  Sol Plaatje  |  Kimberley  |  Skadevergoeding  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.