Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Mý Collan is geen aanrander en boelie’

Die Collan Rex (23) wat sy ken, is nie dieselfde mens wat Donderdag tot 23 jaar agter tralies gevonnis is nadat hy skuldig bevind is op 144 aanklagte van seksuele aanranding en 12 aanklagte van aanranding op minderjariges nie.

“Die Collan wat ek ken, is ’n liefdevolle, toegewyde en diep gelowige mens wat nooit, nooit eens ’n vlieg sal seermaak nie,” sê

Jolene Farina (26), sy meisie van die afgelope drie maande.

Collan Rex

“Ek kan nie sê wie hy in die verlede was nie, want ek het hom nie toe geken nie. Hy is nie nou só ’n mens nie. Die Collan wat ek ken, is ’n goeie en opregte mens en beslis nie iemand wat kinders of enig­iemand anders op enige manier sal benadeel nie,” sê sy.

Farina is ’n voormalige restaurantbestuurder in Krugersdorp en verkoop deesdae skoonheidsprodukte van die huis af.

Jolene Farina (26), Collan Rex (23) meisie die afgelope drie maande. Foto: Facebook

Regter Peet Johnson het die voormalige sportafrigter van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg in sy vonnisoplegging Donderdag as ’n “reeks- seksuele aanrander” en ’n “boelie” beskryf wat die boelie-kultuur by die skool uitgebuit het. “Ek het nog nooit op ’n saak afgekom waar iemand op soveel aanklagte van seksuele aanranding skuldig bevind is nie,” het hy gesê.

“Dit is duidelik dat jou optrede ’n verwoestende impak gehad het op jou slagoffers en hul gesinne se lewe. Party van jou slagoffers het probeer selfmoord pleeg en is onder bewaking omdat hulle hulself om die lewe wil bring.

“Die enigste rede waarom jy nie op meer van die klagte skuldig bevind is nie, is omdat die slagoffers nie presiese dae en tye kon onthou nie. Hulle was so bang vir jou dat hulle vir jou weggekruip het.”

Johnson het gesê Rex se dade is per toeval in 2016 ontdek toe die koshuisvader op beeldmateriaal afgekom het waar gesien kan word hoe hy in die skoolkoshuis aan ’n seun se geslagsorgaan vat.

Rex het in Augustus skuld beken op 144 aanklagte van seksuele aanranding op leerlinge van die skool. Hy is vrygespreek op 171 ander aanklagte, van onder meer poging tot moord en verkragting.

“My hart is verskriklik seer. Ek is baie ontsteld oor die uitspraak. Ek het vandag my oë uit gehuil. Ek verstaan nie waarom hy so hard gevonnis is nie,” het Farina Donderdagmiddag ná die vonnisoplegging aan Rapport gesê.

Sy vertel hulle het mekaar in Augustus ontmoet terwyl Rex nog op borgtog was. Dit was “liefde met die eerste oogopslag”.

Farina het Dinsdag in die hof ter versagting van Rex se vonnis gesê sy geskiedenis is sy eie saak en dat sy skuldigbevinding (in September) haar nie aangaan nie.

’n Onafhanklike ondersoek wat deur die Gautengse onderwysdepartement oor die kultuur by die spogskool aangevra is, het in Augustus bevind dat daar ’n “swygkode” en ’n kultuur van aanranding en seksuele aanranding onder die dekmantel van ontgroe-ning by die skool bestaan.

’n Verslag oor die ondersoek lui: “Dié kultuur het minder met eerbaarheid te make, as om mishandeling en in sommige gevalle ernstige seksuele misbruik toe te smeer. Dit is by die meeste skole ’n probleem, maar dit lyk of dit al vir generasies by Parktown Boys gebeur.”

Meer oor:  Jolene Farina  |  Collan Rex  |  Afrigter  |  Skool  |  Kindermolestering  |  Parktown Boys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.