Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Myeni dagvaar Outa vir R8 miljoen
Dudu Myeni Foto: Gallo Images

Dudu Myeni wil Outa in die hof aanvat nadat dié organisasie in Oktober ’n omstrede twiet op sosiale media oor die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gedeel het.

Volgens Enca dagvaar Myeni die Organisasie teen Belastingmisbruik vir ’n bedrag van R8 miljoen.

Myeni sê Outa het op 3 Oktober 2019 ’n twiet gepubliseer wat lui: “ ’n Herinnering aan die skade wat Dudu Myeni by die SAL aangerig het.”

EWN berig dat Outa in ’n stryd met Myeni in die hooggeregshof in Pretoria gewikkel is. Die organisasie wil hê dat die hof Myeni as ’n misdadige direkteur moet verklaar weens die haglike finansiële situasie waarin sy die lugdiens gelaat het.

Myeni voer aan dat Outa haar met hul twiet belaster het deur aan te voer dat sy verantwoordelik was vir die grootskaalse korrupsie tydens haar ampstermyn by die beleërde lugredery.

In reaksie daarop het Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, gesê: “Haar reputasie verwoes? Haar reputasie is deur haar eie toedoen verwoes toe sy voorsitter (by die SAL) was.”

Meer oor:  Outa  |  Sal  |  Dagvaarding  |  Dudu Myeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.