Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
N-Kaapse amptenaar en 5 ander in hof vir tenderbedrog

Borgtog van R10 000 elk is Dinsdag in die landdroshof in Kimberley toegestaan aan ’n amptenaar van die Noord-Kaapse departement van gesondheid en vyf ander mense wat almal familie van mekaar is.

Dit kom nadat die Valke hulle vroeër die oggend aangekeer het.

Die bedrogsaak in verband met opknappings in drie staatshospitale in die provinsie is tot Februarie aanstaande jaar uitgestel.

Luidens ’n verklaring van Sipho Ngwema, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), is Godfrey Moncho, ’n adjunkdirekteur in die Noord-Kaapse departement van gesondheid en voormalige projekbestuurder in dié departement se infrastruktuurafdeling.

Moncho, Valentia Motlhanke, Maclean Motlhanke, Tshepo Timothy Motlhanke, Millicent Motlhanke en Nthabiseng Sekute asook die maatskappye wat met hulle verbind word, word van 22 aanklagte van bedrog beskuldig, sê Ngwema.

Die maatskappye wat met die saak verbind word, is Afrollah Trading Cc, K Son Moss (Pty) Ltd, Lojane Trading Cc, Gamboby Trading Cc, Mangacol Cc, Joyce Solutions (Pty) Ltd en Thariya Sechaba Business Enterprise Cc.

Volgens Ngwema het die Noord-Kaapse departement van gesondheid kontrakte van sowat R10 miljoen aan dié maatskappye toegeken.

Hy sê Dinsdagoggend se inhegtenisnemings hou verband met die vyfde fase van die projek.

“Daar is reeds sake voor die hof in verband met fase een tot vyf.

“Die saak hou verband met kontrakte wat tussen Julie 2014 en Junie 2015 uitgereik is vir opknappingswerk in drie openbare hospitale in die Noord-Kaap – die West End-hospitaal, die Kuruman- en die Kimberley-hospitaal.”

Volgens Ngwema was al die bedrae onder R500 000 en die departement het dit gevolglik nie op tenders uitgegee nie, maar diensverskaffers genooi om geskrewe kwotasies in te dien.

Prosesse in die voorsieningsketting is egter in die keuringsproses ondermyn, sê Ngwema.

“Moncho was nie in die bestuurseenheid van die departement se voorsieningsketting nie, maar hy het tydens voorvalle relevant tot die saak kwotasies van diensverskaffers ingewin.”

Die diensverskaffers het kwotasies só geplooi dat mededinging uitgeskakel is, en die direkteure van die maatskappye het nie verklaar dat hulle familielede is of familie van Moncho is nie, sê Ngwema.

Hy sê nie al die dienste waarop ooreengekom en waarvoor betaal is, is gelewer nie. Hulle is egter die volle bedrae betaal.

Meer oor:  Tenderbedrog  |  Kimberley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.