Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Nagklub-bende’ vra borgtog
Nafiz Modack Foto: Verskaf

Die Tsjeggiese mafiabaas Radovan Krejcir se naam het opgeduik in die aansoek om borgtog van die sakeman Nafiz Modack, wat glo R12 miljoen van hom moes kry.

Kol. Charl Kinnear, wat misdaad in nagklubs in die Kaap ondersoek, het Woensdag in die landdroshof in Kaapstad getuig.

Kinnear het getuig in ’n oproep, wat opgeneem is tussen Modack en ’n ander persoon, het Modack gesê “hy moet R12 miljoen se skuld vir Krejcir gaan haal”.

Dit moes by Lolly Jackson, eienaar van Teazers, se vrou gehaal word.

Jackson is in Mei 2010 in Kempton Park doodgeskiet.

Die opname is op 3 September 2017 gemaak.

Modack, Colin Booysen – die broer van Jerome “Donkie” Booysen, beweerde leier van die Sexy Boys bende, Jacques Cronjé, Ashley Fields, en Carl Lakay, staan tereg op aanklag van uitbuiting met betrekking tot die nagklubs in Kaapstad.

Hulle doen aansoek om borgtog nadat hulle op 15 Desember in hegtenis geneem is.

Kinnear het Woensdag getuig Modack het Igor Russol, wat in die stadium in die Oekraïene is, aangestel.

Russol, wat in ’n stadium vir Cyril Beeka, ’n voormalige leier in die onderwêreld, gewerk het, was veronderstel om die nagklubs se sekuriteit oor te neem.

Russol het gesê Modack het beplan om die sakeman Mark Lifman, Jerome Booysen en daarna Colin Booysen te vermoor.

Kinnear het gesê Russol het tot Mei 2017 vir Modack gewerk.

Hy (Kinnear) het getuig Russol het, nadat hy werk van Lifman gekry het, iemand in ’n nagklub gesien wat hom wou skiet. Dié klub, Iconic in Langstraat in Kaapstad, word deur Lifman besit.

Russol het vir Kinnear vertel ’n vrou het die vuurwapen in die klub ingesmokkel en dit toe vir ’n man gegee.

Later, toe die man gevang is, het Russol vir Kinnear gesê boodskappe van Colin Booysen is op sy foon gevind.

Die boodskappe het gesê: “Die persoon moet die Russiese man in die klub doodmaak”.

Kinnear het Dinsdag getuig oor ’n stemopname van ’n vergadering van Modack waarin hy beweer hy saam met hooggeplaaste polisielede werk.

Modack het ook gesê dat “Tiyo en Mbotho” sal enige probleme oplos wat hy ervaar.

Hy het verwys na genl.maj. Mzwandile Tiyo, die Wes-Kaapse hoof van misdaadintelligensie, en genl.maj. Patrick Mbotho, provinsiale hoof van speurders.

Bron:http://www.news24.com/SouthAfrica/News/krejcir-lolly-jackson-links-emerge-in-modack-bail-bid-20180103

Meer oor:  Radovan Krejcir  |  Borgtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.