Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NDZ kan appelleer, maar moet kyk na ongrondwetlike regulasies

Daar word steeds van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, verwag om die inperkingsregulasies wat irrasioneel is, reg te stel.

Dlamini-Zuma het Dinsdag toestemming gekry om te appelleer teen die bevinding in die hooggeregshof wat die regulasies as ongrondwetlik bevind het, maar is ook beveel om te kyk na dié regulasies wat strydig is met die Grondwet.

Regter Norman Davis het Dinsdag die minister se appèlaansoek van verlede week toegestaan.

Davis het net verlof tot appèl toegestaan in soverre dit betrekking het op die minister se argument teen Davis se beslissing dat ál die regulasies, ongeag op watter vlak dit gemaak is, ongeldig is.

Haar argument, dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding kan kom omdat Davis se bevel volgens haar vaag was en hy buite sy magte opgetree het, is verwerp.

. . . dit is steeds nodig dat die geïdentifiseerde regulasies, wat ’n duidelike gebrek aan rasionaliteit het en nie in ooreenstemming met die Grondwet is nie, hersien en reggestel moet word

Davis het onder meer bevind dat die verklaring van ’n staat van inperking in reaksie op die Covid-19-pandemie rasioneel was, maar die afkondiging van die regulasies vir vlak 4 en vlak 3 van die inperking was nie, omdat dit nie rasioneel verbind kan word met die doelwitte om die infeksiekoers of die verspreiding van die koronavirus te vertraag nie.

Hy het toe die minister 14 hofdae tyd gegee om die regulasies te hersien en reg te stel.

“ . . . dit is steeds nodig dat die geïdentifiseerde regulasies, wat ’n duidelike gebrek aan rasionaliteit het en nie in ooreenstemming met die Grondwet is nie, hersien en reggestel moet word,” sê Davis in sy uitspraak.

Sekere regulasies, wat nie hersien hoef te word nie, was dié wat betrekking het op die verkoop van tabakprodukte, die opening van casino’s en nagklubs, reis oor provinsiale grense heen, die opskorting van inisiasieseremonies en uitsettings.

Davis het in sy bevel Dinsdag ook daarop gewys dat daar intussen al nuwe regulasies afgekondig is, maar dit is nie seker hoeveel van hulle wel strook met die Grondwet nie. “Dit kan so wees dat van die regulasies (wat hy ongrondwetlik bevind het) reeds gekorrigeer is. Dalk nie noodwendig uit ’n grondwetlike benadering nie, maar dan ten minste uit ’n rasionele benadering,” sê Davis.

Hy het die minister ingevolge sy oorspronklike bevel nog tien dae tyd gegee om die ongrondwetlik verklaarde regulasies te hersien en reg te stel.

Reyno de Beer van die organisasie Liberty Fighters Network (LFN), wat die oorspronklike aansoek gebring het, sê die inperkingsregulasies maak inbreuk op mense se grondwetlike regte. Dié groep het gevra dat dit nietig verklaar word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.