Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Neefs wat grootouers glo moor, gou weer in hof

Twee neefs wat hul grootouers na bewering vermoor en hul huis aan die brand gesteek het, verskyn weer volgende maand in die hof in Thaba Nchu buite Bloemfontein.

Kabelo Sebotso (18) en Thokozani Gezage (30), wat glo voor hul grootouers se dood geld van hulle geëis het, het Maandag vir die dubbele moord en brandstigting in Thaba Nchu in die hof verskyn. Hulle is vroeër in Palm Ridge aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Hul verhoor is tot 7 Augustus uitgestel en hulle bly tot dan in aanhouding.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die mans se inhegtenisneming spruit uit die beweerde moord op Lethakong (74) en Mantwa Sebotso (71), hul oupa en ouma.

Die egpaar se lyke is op 6 April vanjaar in hul uitgebrande huis in die Moroka-woonbuurt, Thaba Nchu, gekry.

Mantwa se lyk is in die kombuis gekry en Lethakong is met kopwonde onder komberse in die sitkamer gevind.

Lethakong is vermoedelik met ’n knopkierie, wat langs hom gelê het, aangerand, terwyl sy vrou vermoedelik verwurg is, sê Xuma.

Die polisie het op ’n geel 20-liter-houer met petrol wat in die eetkamer gekry is en die knopkierie beslag gelê.

Volgens Xuma was die neefs van die begin af verdagtes omdat hul grootouers ’n beskermingsbevel teen hulle gehad het omdat hulle geld van die oumense geëis het.

Sebotso is einde Mei in Palm Ridge opgespoor en in hegtenis geneem. Hy het die ondersoekbeamptes na Gezage gelei wat vroeër vandeesmaand aangekeer is.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiehoof van die Vrystaat, het die sinnelose moord op die bejaarde egpaar veroordeel en misdadigers gewaarsku dat die polisie geen steen onaangeroer sal laat in hul ondersoeke na moordsake nie.

Meer oor:  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.