Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nel help Botswana in saak teen eertydse spioen

Adv. Gerrie Nel Foto: Reuters

AfriForum se private vervolgingseenheid sê hy is aangestel om die voorverhoorverrigtinge in Botswana se vervolging van die voormalige intelligensie-agent Welheminah Mphoeng Maswabi te behartig.

Maswabi was voorheen onder die kodenaam “Butterfly” werksaam as ’n agent vir Botswana se direktoraat van intelligensiedienste. Sy word tans in die streeklanddroshof in Broadhurst vervolg vir die besit van eiendom wat onverklaarbaar is en die aflê van ’n valse verklaring met betrekking tot ’n paspoort. Daar is ook beweringe teen Maswabi dat sy terrorisme gefinansier het deur geld te verskuif wat met Isaac Kgosi, voormalige intelligensiehoof in Botswana, verbind kan word, het AfriForum Donderdag in ’n verklaring gesê.

Verder word daar berig dat Bridgette Motsepe-Radebe, die vrou van oudminister Jeff Radebe en die skoonsuster van pres. Cyril Ramaphosa, daarvan beskuldig word dat sy, saam met Maswabi, ’n medeondertekenaar van rekeninge ter waarde van miljarde pula was.

Adv. Gerrie Nel en adv. Phyllis Vorster van AfriForum se private vervolgingseenheid is verlede jaar deur die regering van Botswana aangestel om sy versoek vir wedersydse regshulp in dié saak met betrekking tot Motsepe-Radebe en die Suid-Afrikaanse regering te fasiliteer.

“Die versuim van die Suid-Afrikaanse regering om uitvoering aan Botswana se aansoek vir wedersydse regshulp te gee het nie net veroorsaak dat sekere klagte teen Maswabi teruggetrek word nie, maar ook konflik ten opsigte van die saak in Botswana veroorsaak,” sê Nel in ’n verklaring.

Die private vervolgingseenheid het in Desember verlede jaar bekend gemaak dat die departement versuim het om die mandamus-aansoek teen te staan.

“Dit is ’n pluimpie vir lede van die private vervolgingseenheid en AfriForum om internasionaal erken te word vir die werk wat ons doen.”

Nel, Vorster en Andrew Leask, hoofondersoeker by die eenheid, is aangestel om die voorverhoorverrigtinge van die Maswabi-saak te hanteer.

“Dit gee nie net erkenning aan die unieke konsep van private vervolging nie, maar ook aan die konsep daarvan om kundige aanklaers en ondersoekers in een kantoor te setel wat sonder politieke druk op die reg kan fokus,” sê Nel.

“Die beginsel van gelykheid voor die reg en vervolging sonder politieke inmenging is een van die hoofredes waarom die private vervolgingseenheid gestig is en dit behoort nie net in Suid-Afrika te geld nie, maar ook internasionaal.”

Hy het ook aangedui dat daar steeds geen terugvoering oor die versoek vir wedersydse regshulp van die departement van justisie en korrektiewe dienste ontvang is nie.

Die private vervolgingseenheid het in Desember verlede jaar bekend gemaak dat die departement versuim het om die mandamus-aansoek teen te staan wat ten doel het om dié departement te dwing om met die Botswana-regering saam te werk.

“Die aansoek is op die onbetwiste hofrol vir 7 Julie geplaas,” sê Nel.

• In ’n ondersoek van onafhanklike Britse forensiese ondersoekers van die maatskappye Omnia Strategy en Alaco Limited is daar in Augustus 2020 bevind beweringe van geldwassery teen Motsepe-Radebe is ’n versinsel, het Netwerk24 vroeër berig.

Volgens die berig het Motsepe-Radebe ook in Oktober verlede jaar ’n lastersaak teen die Botswana-regering begin.

Lees ook hier.

Meer oor:  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.