Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
'Nét lewendes het grondwetlike regte'
Adv. Robin Stransham-Ford

Nét lewende mense het grondwetlike regte, sê adv. L.G. Nkosi-Thomas, SC in sy betooghoofde in die appèlhof in Bloemfontein in die appèlsaak oor die wettiging van genadedood wat Vrydag aangehoor word.

Toe die hooggeregshof in Pretoria uitspraak oor hierdie kwessie gelewer het, was adv. Robin Stransham-Ford (65), ’n kankerlyer, reeds twee uur dood – daarmee ook sy regte.

Nkosi-Thomas appelleer namens die ministers van justisie, korrektiewe dienste en gesondheid, asook die nasionale vervolgingsgesag (NVG) teen regter Hans Fabricius se uitspraak in 2015 toe hy beslis het dat Stransham-Ford ’n dokter kon vra om sy lewe met ’n dodelike middel te beëindig.

Stransham-Ford het in sy aansoek gesê sy reg op waardigheid, om nie op ’n wrede en onmenslike wyse behandel te word nie, en sy reg op integriteit word deur sy siektetoestand aangetas.

Nkosi-Thomas sê in aanvullende betooghoofde die dood maak nie net ’n einde aan die reg op lewe nie, maar ook ’n einde aan alle persoonlike regte wat Stransham-Ford gehad het. “Net lewende mense kan grondwetlike regte hê.”

Toe regter Fabicius sy uitspraak gelewer het, was daar dus geen grondwetlike regte meer om oor te beslis nie.

Verder erken ons Grondwet nie die reg om dood te gaan nie, maar wel die reg om te lewe. “Die reg tot lewe is beperk tot ’n reg om nie dood te gaan nie.”

Meer oor:  Robin Stransham-Ford  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.