Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Net uit op parool toe hy glo vir Alice Maree verkrag

Die vermeende verkragter van Alice Maree (21) sal weer op 3 April in die hof op Theunissen verskyn en bly in aanhouding.

Johannes Papa Mokati (20) het sy aansoek om borgtog laat vaar. Hy was drie dae op parool vrygelaat toe hy na bewering vir Maree op 9 Februarie vanjaar by haar werkplek in Theunissen oorval en verkrag het.

Mokati pleit onskuldig op die aanklagte teen hom.

Maree is ongeveer twee weke later op 24 Februarie in die Pelonomi-hospitaal oorlede.

Maree is by die krisissentrum by die Bongani-hospitaal in Welkom behandel en het antiretrovirale middels ontvang om te voorkom dat sy MIV opdoen.

Volgens haar ma, Ella, kon Alice ná die voorval nie weer slaap nie. Sy was baie getraumatiseer.

CJ Blumenthal en Alice Maree. Hulle was verloof.

“Sy het snags gegil en aanhoudend nagmerries gekry. Al wanneer sy tot ruste gekom het, was wanneer Jolandi (Hillebrand, 'n vriendin) smiddae by haar gesit het. Sy het dan vir kort rukkies geslaap, maar snags was sy te bang.”

Sy het ongeveer ’n week na die voorval begin toevalle kry en die gesin het Alice na die provinsiale hospitaal in Virginia geneem. Hier het ’n dokter gesê Alice ly aan spanning en dat dit die antiretrovirale middels is wat haar laat sleg voel.

Sy is sonder enige behandeling huis toe gestuur maar het dieselfde dag, die Maandag 20 Februarie, so verswak dat haar geliefdes haar self na die Pelonomi-hospitaal geneem het.

Sy is hier in die waakeenheid opgeneem maar kon nie meer loop of praat nie en is die Vrydag oorlede.

Ella Maree sê Alice se nek en kop was baie seer na die aanval.

Mokati het in Winburg se gevangenis ’n vonnis uitgedien vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die polisiewoordvoerder a.o Malebo Khosana sê hy was ook gesoek vir ontsnapping uit aanhouding asook die gebruik van ’n voertuig sonder die toestemming van die eienaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.