Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nico Nel gou weer in hof oor ‘diefstal, bedrog’

Nico Nel, grapmaker bekend vir sy stories op die TV-program Maak ’n las, sal weer op 6 Augustus in die landdroshof in Worcester op aanklagte van diefstal en bedrog verskyn.

Die polisie op Worcester het die saak ondersoek en die landdroshof op Worcester het Maandag bevestig hy het Woensdag 26 Junie verskyn.

Nico Nel.Foto: Argief

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is genader vir besonderhede oor die ondersoek, maar het gesê dit is nie onmiddellik beskikbaar nie. Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle was nie betrokke by die ondersoek nie.

Netwerk24 het vroeër berig Old Mutual het in 2016 klagtes ontvang en ’n ondersoek begin. Hulle het toe gesê die ondersoek het bevind Nel het sowat R1,4 miljoen van sy suster, Klaradyn Augustyn van Worcester, se geld “wanaangewend”.

Old Mutual het dit by die Pinelands-polisiekantoor aangemeld.

Nel en sy suster het daarna ’n vertroulike vergoedingsooreenkoms gesluit en Nel se saak is onder die aandag van die polisie en die Raad op Finansiële Dienste gebring.

Jaco van der Merwe, hoof van Old Mutual se afdeling van persoonlike finansiële raadgewing, het verlede jaar aan Netwerk24 gesê hulle het die saak as afgehandel beskou.

Nel het van 2012 tot Oktober 2015 as ’n finansiële raadgewer vir Old Mutual gewerk.

Huisgenoot berig hofstukke dui aan ’n bedrag van R1,86 miljoen is tussen September 2012 en Februarie 2015 uit Augustyn se rekening na ’n ander rekening oorgeplaas is.

Nel het gesê hy kan geen kommentaar oor die saak lewer nie.

Meer oor:  Nico Nel  |  Worcester  |  Hof  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.