Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Niemand kan vervolg word’ met verslag oor VBS

Die finale ondersoekverslag na die bedrog van R1,8 miljard by VBS Mutual Bank, kan nie as bewyse gebruik word om enige individue te vervolg nie, maar dit dien as ’n nuttige handleiding vir aanklaers en polisieondersoekers in hul eie ondersoeke.

Dit is volgens Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, asook brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke.

Die verslag is Woensdag uitgereik.

Adv. Terry Motau is aangestel om die ondersoek te lei en sy verslag getiteld “The Great Bank Heist” sit in besonderhede uiteen hoe die ineenstorting van VBS veroorsaak is deur ’n reeks bedrieglike transaksies van miljarde rande, en waarby meer as 50 individue betrokke is.

VBS is in Maart onder kuratorskap geplaas en Motau is kort daarna aangestel om ondersoek in te stel.

News24 berig dat ’n span van vyf aanklaers aan die VBS-saak toegewys is om ’n groter span van ten minste tien Valke-ondersoekers in die ondersoek te lei.

Mfaku sê die aanklaers het die verslag ontvang en dit bestudeer.

“Die verslag soos dit nou is, kan nie gebruik word vir enige strafregtelike vervolging nie. Die saak vereis verdere kriminele ondersoek. Ons moet voldoen aan die reëls van bewyse,” het Mfaku gesê.

“Om getuienis in die hof voor te lê, moet ons die reëls nakom.”

Die bewyse wat in die verslag aangebied word, is nie ’n weerspieëling van die skuld of onskuld van enige party nie, aangesien nie alle partye die geleentheid gegee is om op die bewyse te reageer nie,” lui die SARB-verklaring wat saam met die verslag uitgereik is.

Mulaudzi het intussen bevestig dat ’n span Valke-ondersoekers al “vir ’n lang tyd” besig is met minstens vyf dossiere oor die VBS-saak.

“Die saak geniet ernstige aandag,” het Mulaudzi gesê.

Hy sê die span bestaan uit individue uit verskeie provinsies en eenhede van die Valke, wat die verslag kan gebruik as begeleiding van hul werk indien hulle so sou verkies.

Hy het bygevoeg dat daar aanvanklik vyf of ses dossiere was, wat nou in een saak saamgevat is.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het ’n soortgelyke standpunt ingeneem nadat die verslag Woensdag gepubliseer is.

“Die bewyse wat in die verslag aangebied word, is nie ’n weerspieëling van die skuld of onskuld van enige party nie, aangesien nie alle partye die geleentheid gegee is om op die bewyse te reageer nie,” lui die SARB-verklaring wat saam met die verslag uitgereik is.

“Die verslag kan die wetstoepassingsowerhede help in hul ondersoek na die VBS-aangeleentheid. Sodra hul ondersoeke afgehandel is, kan die owerhede besluit om strafregtelike vervolging in te stel, en die howe sal die finale beoordelaar in hierdie verband wees.”

Motau het strafregtelike en siviele verrigtinge aanbeveel om van die R1,8 miljard terug te kry wat hy sê by die bank gebuit is.

In sy verslag word ook bevind dat VBS “tot in sy kern verrot is” en hy voorsien nie enige moontlikheid om die bank te red nie.

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Vbs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.