Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Niemand mag jou keer om honger mense kos te gee – hof

Nie die regering óf die polisie mag in die staat van inperking keer dat kos versprei word na mense wat hongerly nie.

So het regter Owen Rogers Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad beslis.

Dié uitspraak kom nadat die 1 000 Vrouetrust, ’n nieregeringsorganisasie, en die DA in Mei ’n aansoek teen die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling en die polisie ingedien het om hulle te verhoed om die uitdeel van kos te keer en mense in hegtenis te neem wat dit versprei.

Dit is spesifiek teen Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Bheki Cele, minister van polisie, ingedien.

Die saak spruit uit die tydperk nadat Zulu konsepregulasies uitgereik het, waarkragtens sopkombuise gesluit en die uitdeel van kospakkies verbied kon word as daar nie aan uiters streng regulasies voldoen word nie. Dit het veroorsaak dat kos nie by derduisende honger mense kon uitkom nie.

Luidens ’n verklaring deur die trust is nieregeringsorganisasies wat kos voorsien, gedreig met inhegtenisneming indien hulle nie onmiddellik die verspreiding stop nie.

Ons is in die wolke oor die hofbeslissing. Dit bevestig weer eens die reg tot voedsel en die reg om ons voedsel met ander te deel.

Die applikante het op 22 Mei ’n tydelike bevel bekom ingevolge waarvan die regering nie mense mag verhinder om hul regte uit te oefen deur kospakkies uit te deel of te ontvang nie.

Die DA het die regering voorheen daarvan beskuldig dat hy konsepregulasies toepas wat welsynsorganisasies verhinder om kospakkies uit te deel, en dat hy plekke soos sopkombuise sluit.

Rogers het dié bevel bekragtig en Maandag ’n kostebevel teen die ministers gegee.

Tina Thiart, stigterslid van die trust, het gesê: “Ons is in die wolke oor die hofbeslissing. Dit bevestig weer eens die reg tot voedsel en die reg om ons voedsel met ander te deel.”

Sy het ook al die sopkombuise en gemeenskapsgroepe bedank wat hulpbronne mobiliseer en duisende maaltye aan gemeenskappe voorsien.

Sy het ’n beroep op Suid-Afrika gedoen om sopkombuise en ander organisasies by te staan. Enigeen wat betrokke wil raak, kan www.1000women.co.za besoek.

Meer oor:  Inperking  |  Kospakkies  |  Armoede  |  Inperkingsregulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.