Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ninow in September verhoor
nicholas Ninow
Ninow het ook kop onderstebo in die beskuldigdebank gestaan. Foto: Deaan Vivier

Nicholas Ninow sal in September die jaar in die hooggeregshof in Pretoria teregstaan op aanklagte van verkragting, ontvoering, die besit/gebruik van dwelms, aanranding en regsverydeling.

Die akte van beskuldiging, wat die gedetailleerde klagtes teen die beskuldigde bevat, is Dinsdag in die landdroshof in Pretoria op hom beteken.

Hiervolgens is twee nuwe aanklagte, dié van ontvoering en regsverydeling, bygevoeg en is die verhoor op die hooggeregshofrol geplaas vir 9 tot 20 September 2019.

Dit sal dan ook ’n jaar wees sedert Ninow na bewering ‘n sewejarige meisie op 22 September 2018 by ‘n Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag het.

Die saak is Dinsdag na die hooggeregshof oorgeplaas vir verhoor, nadat ’n paneel van drie psigiaters en een sielkundige by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal vroeër bevind het dat hy toerekeningsvatbaar was tydens die beweerde misdrywe.

Daar is tydens die 30 dae lange evaluasie ook bevind dat hy nie aan enige sielkundige of psigiatriese toestand gely het wat sy vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei, kon beïnvloed het nie. 

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Hooggeregshof  |  Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.