Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ninow lewenslank tronk toe

Nicholas Ninow (21), die Dros-verkragter, is Donderdag lewenslank tronk toe gestuur.

Hy is ook ’n verdere vyf jaar tronkstraf opgelê op ’n aanklag van die besit en gebruik van dwelms en nog ’n verdere vyf jaar op ’n aanklag van regsverydeling. Die vonnis vir regsverydeling sal samelopend met die lewenslange vonnis uitgedien word.

ninow
Nicholas Ninow (21). Foto: Simon Sonnekus

Regter Jonas Mosopa het gesê Ninow lyk vir hom soos ’n gebroke mens.

Die hof het vroeër gehoor dwelms en drank het ’n slegte invloed gehad op Ninow se gedrag en geestestoestand. Ninow het om verskoning vir sy dade gevra in ’n gedig aan sy slagoffer en in ’n brief aan haar familie.

Ninow is daaraan skuldig bevind dat hy ’n sewejarige meisie twee keer in die vrouetoilette van die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag het.

Mosopa het gesê Ninow het die verkragting beplan.

Ninow is ook skuldig bevind op ’n aanklag van die besit en gebruik van dwelms, asook regsverydeling omdat hy die meisie se spanbroek in die toilet probeer afspoel het.

Adv. Dorah Ngobeni, staatsaanklaer, het Donderdag gesê volgens die Grondwet en die Kinderwet is die regte van ’n kind van top-belang en is daar geen redes wat Ninow kan noem wat ’n ligter vonnis regverdig nie.

Sy sê dit wat met die meisie gebeur het, sal vir altyd by haar spook. Die meisie kry nagmerries, het Ngobeni aan die hof gesê.

Sy het ook die fisieke beserings genoem wat die meisie tydens die verkragting opgedoen het.

Ngobeni het gesê die meisie was piepklein. Net deur na haar te kyk sou Ninow geweet het sy is ’n kind, nie ’n jong meisie of tiener nie. Die meisie het maar 21 kg geweeg toe sy verkrag is.

Ngobeni het gesê middelmisbruik is nie ’n rede vir ’n ligter vonnis nie. “Hoekom moet dwelms en drank as versagtende omstandighede beskou word vir iemand wat ’n kind verkrag het?” wou Ngobeni weet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.