Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ninow na Weskoppies direk ná hofverskyning

Nicholas Ninow (20) is Woensdagoggend ná sy verskyning in die landdroshof in Pretoria direk na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal geneem.

Die 20-jarige Nicholas Ninow sit verlede jaar koponderstebo in die beskuldigdebank terwyl lede van onder meer die ANC-vroueliga en die media foto’s van hom neem. Foto: Deaan Vivier

Hy sal vir die volgende 30 dae daar wees vir evaluasie en observasie om sy geestestoestand en strafregtelike toerekeningsvatbaarheid tydens die beweerde verkragting van ’n sewejarige meisie in ’n Dros-restaurant in September verlede jaar te bepaal.

Adv. Sanet Jacobson, aanklaer, het Woensdag in die hof verduidelik dat Ninow, wat eintlik eers volgende week moes verskyn, vroeër gebring is, omdat daar nou ’n bed vir hom beskikbaar is.

Sy het ook bevestig dat die hof voorheen ’n aansoek van die verdediging toegestaan het dat Ninow deur ’n paneel van drie psigiaters en een sielkundige geëvalueer word.

Ninow sal nou in aanhouding by die Weskoppies-hospitaal wees.

Die saak is uitgestel tot 8 Februarie vir die uitslag van die Weskoppies-verslag.

* Die hofverskyning is, net soos vorige kere, weer bygewoon deur verteenwoordigers van verskeie politieke partye en kinder- en vroueregte-organisasies.

Ninow het, sy kop kaalgeskeer, skaars opgekyk terwyl hy in die beskuldigdebank gestaan het.

Meer oor:  Weskoppies  |  Dros  |  Nicholas Ninow  |  Dros-Verkragtingsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.