Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ninow nié vir oordosis dwelms na hospitaal, sê DKD

Die departement van korrektiewe dienste (DKD), in wie se sorg Nicholas Ninow in verband met die Dros-verkragtingsaak is, het hul misnoeë uitgespreek oor vals gerugte dat hy na ’n hospitaal gehaas is weens ’n “oordosis dwelms”.

Nicholas Ninow by ’n onlangse verskyning in die landdroshof in Pretoria.Foto: Deaan Vivier

Dit volg nadat ’n burgerregteorganisasie teen onder meer verkragting, #NotInMyName, glo vroeër ’n verklaring uitgereik het waarin daar beweer word Ninow is Vrydag in die Kalafong-hospitaal opgeneem nadat hy homself ’n “konkoksie van dwelms in die verkeerde aar ingespuit het”.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die DKD, het Maandag in ’n verklaring gesê Ninow het hom vroeër by die Kgosi Mampuru II-gevangenis, waar hy as verhoorafwagtende aangehou word, se gesondheidsdienste aangemeld.

“Hy is ondersoek deur die departement se gesondheidswerkers, wat aanbeveel het dat hy na ’n eksterne mediese sentrum verwys word vir verdere ondersoek.

“Die departement bevestig Ninow se gesondheid is stabiel en hy wag om ontslaan te word (uit die hospitaal) terug na ons korrektiewe sentrum,” sê Nxumalo.

Hy het bygevoeg dat die DKD “met “misnoeë” kennis neem van #NotInMyName se verklaring en dat die departement nooit genader is vir duidelikheid oor die omstandighede wat sou lei tot Ninow se mediese behandeling nie.

Dit is nie bekend wat die mediese probleem wel is nie.

Ninow is verhoorafwagtend in die tronk totdat sy verhoor in September in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Hy sal teregstaan op aanklagte van verkragting, ontvoering, die besit/gebruik van dwelms, aanranding en regsverydeling, nadat hy na bewering op 22 September 2018 ’n sewejarige meisie in die badkamer van ’n Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.