Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog 2 vroue beweer prokureur het met hulle gelol

Die twee jong vroue wat na bewering ook deur ’n prokureur van Welkom seksueel aangerand is, is dié man se stiefdogters se niggie en vriendin.

Die twee vroue (24 en 18 jaar oud) het ook onlangs na vore gekom en beweer hulle is deur die man seksueel aangerand.

Die 51-jarige prokureur is einde Maart in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy twee stiefdogters, nou tussen 16 en 18 jaar oud, glo tussen 2008 en 2017 seksueel misbruik het.

Hy het op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking en die wys van pornografiese materiaal aan kinders in die hof verskyn. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat en moet weer op 9 Mei in die hof verskyn.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig die 24-jarige vrou is die niggie van die prokureur se stiefdogters terwyl die jonger vrou ’n vriendin van die twee meisies is.

Die ouer vrou beweer sy is deur die man gemolesteer toe sy in 2008 by die gesin in Virginia gebly het, sê Thakeng.

Volgens hom het die meisies se vriendin by hulle oorgeslaap toe hul stiefpa haar glo ook gemolesteer het. Sy was toe 14 jaar oud.

Die polisie het op sy selfoon, rekenaar en 191 pornografiese DVD’s beslag gelê toe hulle hom op 26 Maart by sy kantoor in die dorp in hegtenis geneem het.

Vroeër is ook berig dat die twee dogters se ma ook deur die polisie ondersoek word omdat sy in 2017, toe haar dogters haar glo van hul stiefpa se dade ingelig het, versuim het om haar man se dade aan die polisie te rapporteer.

Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Welkom  |  Prokureur  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.