Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog 5 aanklagte teen mediaman Willem Breytenbach

Nog vyf aanklagte van onsedelike aanranding is Dinsdag by die klagstaat teen Willem Breytenbach (55), sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-bestuurder, gevoeg.

Willem Breytenbach verlaat Dinsdag die landdroshof in Kaapstad. Nog 5 aanklagte van onsedelike aanranding is by die klagstaat gevoeg. Foto: Jaco Marais

Breytenbach het Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Hy is op 3 Desember verlede jaar by sy sielkundige se spreekkamer in Hartenbos in die Suid-Kaap in hegtenis geneem en het op 5 Desember in die landdroshof in Kaapstad op twee aanklagte verskyn.

Daar is egter nou ses aanklagte van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding teen hom.

Die saak teen Breytenbach, wat uit is op borgtog van R50 000, is tot 30 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Die aanvanklike aanklag van onsedelike aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 1997. Die klaer in die voorval was toe 16 jaar oud en nog op skool.

Die aanklag van seksuele aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 2017. Die klaer is ’n volwasse man.

Die aanklag van onsedelike aanranding word as sodanig beskryf omdat dit glo plaasgevind het voor 2007, toe die Kinderwet aangepas is. As dit ná 2007 gebeur het, sou dit as verkragting beskryf kon word.

Drie van die nuwe aanklagte spruit uit die tydperk toe hy ’n onderwyser by Grey-kollege in Bloemfontein was en ook by ’n skool in Riversdal in die Suid-Kaap. Die klaers was almal minderjarige seuns ten tyde van die beweerde voorvalle.

Die staatsaanklaer het Dinsdag aan die hof gesê daar is die moontlikheid dat nog aanklagte by die klagstaat gevoeg kan word.

Willem Breytenbach verlaat Dinsdag die landdroshof in Kaapstad. Nog 5 aanklagte van onsedelike aanranding is by die klagstaat gevoeg. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Willem Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.