Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog aanklagte kom teen Bfn-man wat kind (6) glo verkrag

Nog aanklagte gaan teen ’n bekende nutsman van Bloemfontein gevoeg word wat na bewering ’n sesjarige meisietjie verkrag het. Hy en sy vriendin, die dogtertjie se ouma, het bedags ná kleuterskool na haar omgesien.

Die 52-jarige man van Fichardtpark in Bloemfontein is Dinsdag in die stad se landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die donkerkopman het met voetboeie aan vlugtig voor landdros Ryan Ishmail op aanklagte van verkragting verskyn. Die staat het nie sy formele aansoek om borgtog teengestaan nie omdat hy nie meer kontak met die meisie het nie.

Die staat beweer die beskuldigde het die meisie vanjaar verskeie kere verkrag terwyl hy in ’n verhouding met haar ouma was. Die paartjie het glo bedags ná kleuterskool na die meisie omgesien. Haar ouers het haar elke dag ná werk weer by die paartjie gaan haal.

Landdros Ishmail het borgtog toegestaan en die man onder baie streng voorwaardes vrygelaat. Een van die voorwaardes is dat hy nie met die meisie of haar ma mag kontak maak nie.

Sy verhoor is tot volgende maand uitgestel.

Nog aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en seksuele voorbereiding sal na verwagting binnekort teen die man aanhangig gemaak word.

Johan de Vries kla aan. Johan Kramer van Kramer, Weihmann en Joubert-prokureurs tree vir die man op.

Meer oor:  Fichardtpark  |  Bloemfontein  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.