Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog ’n man vas oor drama in Senekal

Nog ’n man van Senekal is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige optrede toe mense verlede week die hofgebou bestorm het op soek na die twee moordbeskuldigdes ná die moord op die plaasvoorman Brendin Horner.

Die 33-jarige man, wat op die dorp bly, se gesig is blykbaar danksy die hofgebou se veiligheidskameras uitgeken.

Ilani Oberholzer, ’n prokureur op die dorp, het bevestig nog ’n inwoner is in verband met die voorval by die hofgebou in hegtenis geneem.

Hy sal Maandag in die hof verskyn en is in verband met dieselfde voorval in hegtenis geneem as waarvoor André Pienaar in hegtenis geneem is.

Oberholzer sê dit is nog nie seker wat die aanklag is nie.

Die man se identiteit is bekend aan Netwerk24, maar sal eers ná sy hofverskyning bekend gemaak word.

Pienaar is in aanhouding, hangende sy appèlaansoek om borgtog.

Meer oor:  Senekal  |  Brendin Horner  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.