Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog ’n verdagte vas ná baba Kwahlelwa se ontvoering

’n Tweede persoon is glo verlede Vrydag in die vroeë oggendure in verband met die ontvoering van baba Kwahlelwa Tiwane in hegtenis geneem.

Die aangekeerde is glo die gewese kêrel van Karabo Tau, die 18-jarige matriekleerling van Gugulethu wat in verband met die babaseuntjie se ontvoering in hegtenis geneem is.

Karabo Tau Maandag by die landdroshof in Bellville waar sy vir ontvoering verskyn het. Foto: Maygene de Wee

Tau is op Vrydag 17 Januarie in hegtenis geneem. Sy het verlede Maandag in die landdroshof in Bellville op ’n aanklag van ontvoering verskyn. Die saak is toe tot die afgelope Vrydag uitgestel nadat Tau se regsverteenwoordiger aangedui het sy wil om borgtog aansoek doen.

Die ondersoekbeamptes, sers. Solomzo Nguda, van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS), het Vrydag in Tau se borgtogaansoek getuig dat die tweede verdagte, ’n man wat in Parow woon, teen die naweek in hegtenis sal wees.

Hy het verder getuig dat Tau die man se naam in haar waarskuwingsverklaring genoem het en ook dat die man haar gedreig het.

Nguda het egter nie oor die aard van die dreigement uitgebrei nie.

Tau het glo in die dae voordat die babaseuntjie ontvoer is, haar as ’n maatskaplike werker voorgehou en werklose mense gesoek aan wie sy kwansuis kospakkies en ’n R1 000-koopbewys wou gee.

Die ontvoerde baba se ma was glo een dié slagoffers en het verlede Woensdag saam met die vrou na haar “kantore” in Parow gegaan, waar Tau na bewering met Kwahlelwa verdwyn het.

Kwahlelwa is nog nie opgespoor nie.

Die tweede verdagte se prokureur, Leon Fieties, het Maandag buite die landdroshof in Bellville, waar Tau vir haar borgtogaansoek verskyn het, beweer die polisie het sy kliënt aangerand.

Meer oor:  Kwahlelwa Tiwane  |  Karabo Tau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.