Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog ’n vrou oor Lotery-bedrog in hof

Die Valke het nog ’n vrou in hegtenis geneem op aanklag van bedrog wat spruit uit ’n veranderde toelae-aansoek om finansiering wat in Oktober 2018 by die Nasionale Loteryraad ingedien is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê Fulufhelo Promise Kharivhe (41) het haar Woensdag in die eenheid se kantore in Johannesburg aan die polisie oorgegee.

Fulufhelo Promise Kharivhe Foto: Verskaf

“By nadere ondersoek is vasgestel dat ’n nie-wins-organisasie, genaamd The Message, in Oktober 2018 ’n bedrag van R200 000 by die bankrekening van Kharivhe se maatskappy, Thwala Front, inbetaal het,” het Mulamu gesê.

Borgtog van R3 000 is in die handelsmisdaadhof in Palmridge in Johannesburg aan Kharivhe toegestaan.

Sy is die sesde beskuldigde in dié bedrogsaak, waarby die diefstal van R1,5 miljoen uit die Nasionale Lotery se fonds betrokke is.

Kharivhe sal op 14 Julie saam met haar medebeskuldigdes, Tumisang Makweya “Dr Tumi” (39), sy vrou, Kgaogelo (36), Chistopher Tshivule (46), Thomas Ndadza (48) en Mukondeleli Tshivule (26) in die hof verskyn.

Daar word beweer dat die Makweya-egpaar en die ander beskuldigdes in ’n toelae-aansoek by die Nasionale Loteryraad inligting verander het. Dit het daartoe gelei dat meer as R1,5 miljoen in September 2018 by ’n private bankrekening inbetaal is.

Meer oor:  Bedrog  |  Lotery  |  Aangekeer  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.